In beeld: Die jongste oor Covid-19
In beeld: Die jongste oor Covid-19

In beeld: Die jongste oor Covid-19

Dani Booysen
Gister se data vir Namibië is eers na 16:00 vandag met die media gedeel.
Vandag se aankondiging sê 1 845 toetsuitslae is Sondag verwerk – weer ‘n effense laer syfer, waarskynlik weens die naweek.
Dit was die 289ste dag sedert die eerste gevalle in die land aangemeld is.
Oor die 7 dae tot Sondag is gemiddeld 2 027 toetsmonsters per dag verwerk, maar dit sluit hertoetse in.
Die Oshakati-distrik het nou meer as 1 200 gevalle sedert Maart aangeteken.
Twee nuwe sterftes is gerapporteer, beide in Windhoek.
Een persoon, ‘n 72-jarige vrou, het reeds op 18 Desember gesterf. Die ander pasiënt was ook ‘n vrou, 84 jaar oud, wat op 26 Desember gesterf het.
Desember se dodetol staan nou op 38.
Die ministerie dui nie meer altyd aan of mense tuis of in ‘n hospitaal gesterf het nie.
Die laaste, volledige amptelike verslae beskikbaar is vir 20 Desember. Aanlyn is die meeste amptelike data ook nie opgedateer sedert 22 Desember nie.
Die aantal mense wat in hospitale behandel word, het opnuut toegeneem – tot 248. Van hulle is 44 in die ICU, 39 in Windhoek.
Nog 15 gesondheidswerkers het gister positief getoets. Die land se totaal sedert Maart staan nou op 980 (Saterdag se korrekte syfer was 965 en nie 945 soos ons gister gerapporteer het nie).
Die nuwe gevalle is as volg aangemeld: Windhoek 7, Walvisbaai 2, Usakos 2, Otjiwarongo 1, Oshakati 1, Omaruru 1 en Gobabis 1.

Kommentaar

Republikein 2026-06-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer