Immer lekker
Immer lekker

Immer lekker

Dani Booysen
YDUJ SKRYF:

Ek wou eers hierdie aangeleentheid los, maar dit pla my nog steeds - al het dit so lank terug gebeur. Daarom vertel ek dit.

Verlede jaar, op 1 September 2019, was ek so gelukkig om genooi te word vir 'n Lente-ete by SKW. Heerlike kos is ontvang, maar toe gebeur daar 'n insident wat die hele dag vir omtrent almal teenwoordig baie versuur het.

'n Baie gemoedelike atmosfeer het in SKW se restaurant geheers toe 'n dame skielik op die arme sjef begin skree. Eers kon ons nie agterkom waaroor die bohaai gaan nie, want die damessjef is geroep en toe is daar op haar begin gil en skree, en hoe meer sy probeer uitvind wat is verkeerd, hoe meer word sy uitgekryt en haar integriteit aangetas. Sy kon nie uitvind presies wat die dame so ontstel het nie, maar dit het darem aan die lig gekom dat sy lank vir haar kos gewag het, en dat die kelnerin blykbaar slegte diens gelewer het, waarop die kelnerin gedink het die sjef het haar te na gekom, en die het ook op die arme sjef begin skel en skree. Wat 'n onsmaaklike gedoente.

Om te dink 'n dame in hoë ouderdom kan haar so gedra en mense se persoon aantas in die openbaar?

Hoe meer die sjef vir haar 'n ander bord kos probeer aanbeveel, hoe meer word sy uitgeskel. Skynbaar was niks verkeerd met die kos nie.

Helaas het 'n ene "Fanie" opgestaan, die sjef bedank vir jare se goeie kos en feitlik ons almal teenwoordig het spontaan hande geklap! Hoera vir Grab-A-Go, wat baie kliënte teruggelok het na SKW toe Mathias en Helene daar aangestel is in 2017.

Hul het ook groeipyne gehad, maar 95% van die publiek wat daar geëet het, was altyd tevrede met die gehalte varsgemaakte etes wat daar bedien is.

Waar julle ookal gaan, laat weet ons, ons kom eet by julle.

Ek wil 'n beroep op onbeskofte mense doen: as jy niks goed van iemand kan sê nie, bly liewer stil, want jy maak van die wêreld 'n nog slegter plek.

Kommentaar

Republikein 2025-12-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer