IMF verlaag SA se verwagte groeikoers vir 2017
Die voorspelling van ekonomiese groei in Afrika suid van die Sahara is volgens die jongste verslag van die IMF maar traag.
Die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) het Suid-Afrika se verwagte ekonomiese groeikoers vir die jaar afwaarts aangepas tot 0,7%.
In sy Wêreld Ekonomiese Vooruitsig in April het die IMF verwag Suid-Afrika sou vanjaar teen 0,8% groei. In Julie het hy dit opwaarts aangepas tot ’n verwagte 1%.
Politieke onsekerheid
In die jongste oorsig sê die IMF hy verwag Suid-Afrika se ekonomie sal in 2017 “teen ’n gedempte 0,7% groei en in 2018 teen 1,1%, ondanks gunstiger pryse vir minerale en sterk landbouproduksie, omdat verhoogde politieke onsekerheid verbruikers- en sakevertroue ondermyn”.
Die verwagte groeikoers vir vanjaar is beter as 2016 se groeikoers van 0,3%, maar naas dié trae groeikoers die laagste sedert 2009.
Die gemiddelde ekonomiese groeikoers van 1999 tot 2008 was 4%.
Die verwagte 2018-groeikoers vir Suid-Afrika is vir die tweede keer vanjaar afwaarts aangepas.
Die IMF het in April verwag Suid-Afrika sou in 2018 teen 1,6% groei en in Julie is dit afwaarts aangepas tot 1,2%.
Afrika
Die groei wat nou vir Afrika suid van die Sahara voorspel word, is 2,6% in 2017 en 3,4% in 2018, wat min of meer ooreenstem met April se verwagtinge.
Nigerië gaan na verwagting uit sy resessie van 2016 kom wat deur lae oliepryse en ’n ontwrigting in olieproduksie veroorsaak is. Groei van 0,8% word vir 2017 voorspel; dieselfde as wat in April en Julie voorspel is.
Angola se groei vir vanjaar is opwaarts aangepas tot 1,5% (van 1,3% in April) omdat ’n afwaartse aanpassing van olieproduksie in 2016 die omvang van die verwagte herstel verhoog.
Lande wat olie uitvoer se groeikoers vir vanjaar word op 0,6% geraam. Die vooruitsig vir lande wat brandstof invoer, is in die algemeen beter vir lande wat ruolie uitvoer.
Middelinkomstelande (waarby Suid-Afrika ingesluit is) se verwagte groeikoers is 2,5% en dié vir laeinkomstelande is 5,6%.
Wêreldekonomie
Maurice Obstfeld, direkteur vir navorsing en ekonomiese raadgewer van die IMF, het Dinsdag op ’n mediakonferensie gesê die internasionale ekonomie se herstel duur voort en die pas daarvan versnel.
“Die prentjie is baie anders as vroeg verlede jaar toe die wêreldekonomie stotterende groei en onstuimigheid in die finansiële markte ervaar het.”
In die jongste vooruitsig word wêreldgroei vir 2017 op 3,6% geraam en vir 2018 op 3,7%.
Dit is in albei gevalle 0,1 persentasiepunt hoër as die vorige voorspellings.
Dit is ook heelwat beter as 2016 se internasionale groeikoers van 3,2%. Verlede jaar is die swakste ekonomiese groei sedert die internasionale finansiële krisis gesien.
Die verbetering vir 2017 word hoofsaaklik toegeskryf aan beter vooruitsigte vir gevorderde ekonomieë, terwyl opkomende markte en ontwikkelende ekonomieë ’n rol speel in volgende jaar se verwagte verbetering.
“Veral in Afrika suid van die Sahara word ’n verbetering in 2018 verwag,” sê Obstfeld.
Volgens hom is die huidige verbetering ook breër as wat voorheen in die huidige dekade gesien is.
Na verwagting gaan gevorderde ekonomieë met 2,2% groei in 2017 en met 2% in 2018.
In opkomende en ontwikkelende markte word groeikoerse van onderskeidelik 4,6% en 4,9% verwag. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie