Iewers tussen die blomme en die bomme
Oud genoeg om ‘n hiepie, blommekind of beatniek te wees?
Nei, in daai tyd was Dapperrerige Daniëltjie noggie innie kaartjie by die bos blomme wat sy pa (hopelik!) later vir sy magoed in die kraamsaal sou vat nie.
Guns N’ Roses is effe nader aan my tyd.
Maar die November-reën is nog nie koud nie. En ons hoop hy gaan behoorlik kom.
Vroeg al het ek die Bob, Beatles, Byrds, Kat Stefaans en die baie, baie, baie ander lief leer kry op my soeke na deure wat anderkant toe oopmaak.
Om te bieg, op die drumpel voor ek geweet het van gereformeerde blues, kerkorrels en al hulle kose en kerke. Hul stryd met al die ander blomme en bomme.
Uit die koos onder my spreekwoordelike bed haal ek (jammer, as ek jou ontheilig, Aram Small) in ‘n valse, Kaaps-Namibiese aksent daarom maar woorde so los soos sy maag is vir hierie nuwe tye waarin ons woon.
Hy, Mister?
Het ek djou vakiet ve’staan?
Djy bedoel seka’ blomma?
Petsjoenia’s, magrietjies, angeliere, malvas. . .
Naaaaaaa?! Djy bly dan tjoepstil!
Roese, botta’blomme, kannas - sonna hys toe kô.
Djasmyne, krisante, lielies, madeliefies, vygies. . .
Ai, Oempie!
Stop net da’ voor jy by ‘n onheilige dertien kom.
Hulle rym’ie.
Ma’ ek wonner oor. . .
AK47’s, handgranate, bandoliere, mousers, R4’s, SAM 7’s, atoombomme, Casspirs – sonder Campari’s.
Stalin-orrels, Elande, T54’s, Noddy-karre, landmyne. . .
Troef jou Uncle – ek was by 13 voor jy!
Djou moer, man!
Dink djy onse mense kannie so ver tellie?
Tot by’ie lemme, pangas noem djulle dit gloe da’, wat in onse oumas en dogters en moeders en oupas en broe’tjies en pappies se sye, dye, nekke en koppe ingedruk en ingeslaat word?
Die petrolbomme wat op onse leerplekke val?
Die Big Five? Van onse mense is meer bedreig.
En bedrieg.
En da is djou Onkel noggie iens by die klein tjinnerkies, die werkloeses, die huisloeses, die prostatiete en al daai nie . . .
Ennie k’rante seg hulle kap’ie net mee’ die karre nie, ma’ somma die hele staat ôk? Nes djulle met aparthied gedoe’et!
Uncle, ons wat nie rykgatte is nie, kry ook swaar? En misdaad met sy baie knuppels, messe en gewere vermink en vermoor ook vir ons.
Ai, aai, aaai.
My Boertjie. Kan ons da’ ma lies ytie Grootboek: Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar.
En yt Djohaaines se boek: As djulle mense se sondes vergiewe, sal God dit ôk doen . . .
Vandag val bomme in Afghanistan, Algerië, Azerbaidjan, Burkina Faso, Burundi, Egipte, Eritrea, Ethiopië, die Filippyne, Georgië, Iran, Irak, Israel, Jemen, Libanon, Libië, Kameroen, altwee Kongo’s, Mali, Mauritanië, Niger, Nigerië, Pakistan, Palestina, die Sentraal-Afrikaanse Republiek, Somalië, Suid-Soedan, Soedan, Sirië, Tsjad, Tsjeggië en Turkye.
En in baie ander noembare plekke ook.
Op onnoembare maniere, bomloos, op nog meer mense.
Vyftig jaar gelede, in 1967, was dit die “Somer van Liefde”.
Die hiepies het in San Francisco blomme uitgedeel en saam met die duime hul zolle, hubbly bubblies en anderste goeters vasgehou vir liefde en vrede.
“With a little help of my friends!”
Is ons ‘n halwe honderd jaar op ‘n ander plek? Is daar vandag ‘n nuwe kontrakultuur?
Nooit.
Uncle, kan ek groot asseblief ‘n groot bos van jou blomme koop?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie