Ietermagô-verkoper trap in polisie-lokval
‘n 47-jarige man van Onawa in Oshakati se Okandjengedi-informele nedersetting is Maandag in hegtenis geneem toe hy ‘n ietermagô aan ‘n polisie-speurder probeer verkoop het.
Die speurder het homself as ‘n koper voorgedoen in ‘n lokval wat die polisie opgestel het, berig Nampa.
NamPol se inspekteur Thomas Aiyambo het die voorval aan Nampa bevestig. Hy sê die beskuldigde is in hegtenis geneem toe hy ‘n lewendige ietermagô by sy huis in die nedersetting wou verkoop.
Volgens Aiyambo wou hy N$120 000 vir die ietermagô gehad het.
Klagte dat hy in besit was van beskermde wild en handel daarmee wou dryf, is teen hom aanhangig gemaak. Aiyambo kon nie bevestig of die man reeds in die hof verskyn het nie.
FOTO ARGIEF

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie