Idai eis tot 1 000 lewens in Mosambiek, sê president
Die hawestad Beira is die hardste getref. Die lughawe daar is toe, daar is geen elektrisiteit nie en baie huise is verwoes.
Sikloon Idai kan tot meer as 1 000 lewens geëis het in Mosambiek, het pres. Filipe Nyusi van dié land Maandag in 'n radio-uitsending gesê.
Nyusi se syfers is aansienlik meer as die bevestigde dodetal van 84, berig Reuters.
Sikloon Idai het Donderdag die stad Beira getref, maar reddingswerkers kon eers Sondag in die stad aankom, berig die BBC.
Nyusi het vroeër met 'n helikopter oor die geraakte gebiede gevlieg om 'n idee te kry van die verwoesting en wat die hulpverleningspanne op die grond doen.
Hy het gesê die situasie “is 'n humanitêre ramp van groot afmetings”.
“Die Pungwe- en Buzirivier het hul walle oorstroom en hele dorpies uitgewis en gemeenskappe geïsoleer. Ons het uit die lug lyke sien dryf.”
Die hawestad Beira is die hardste getref. Die lughawe daar is toe, daar is geen elektrisiteit nie en baie huise is verwoes. Huise, skole, sakeondernemings, hospitale en polisiekantore is vernietig.
VN-agentskappe en die Rooikruis het met reddingsoperasies begin waarin kos en medisyne met helikopters na die verarmde suidelike kant van Mosambiek gebring is.
ROOIKRUIS IN BEIRA
Die Suid-Afrikaanse weermag het ook vliegtuie vir dié doel beskikbaar gestel en tien mediese personeellede.
Caroline Haga van die Rooikruis is in Beira en meen die situasie kan veel erger in omliggende gebiede wees. Dié gebiede is steeds onbereikbaar per pad.
Reddingswerk in Beira word bemoeilik deur 'n dam wat ook sy wal oorstroom het.
Reddingswerkers het Maandag mense te hulp gesnel wat op hul dakke of in die takke van bome in die stad vasgekeer was.
'n Noodtoestand is in gebiede soos die Chimanimani-distrik in Zimbabwe afgekondig waar inwoners sedert die sikloon in die berge slaap om van modderstortings te ontkom. Ook hier sal die dodetal heel moontlik styg.
Ander lande wat deur Idai getref is, is Zimbabwe en Malawi. Idai het meer as 1,5 miljoen mense geraak, luidens 'n verklaring van die Verenigde Nasies (VN) en regeringsamptenare, berig AP volgens News24.
In Zimbabwe is die sterftesyfer weens die sikloon tans 89 en in Malawi 56.– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie