ID-aansoeke gaan ná implementering van veiligheidsmaatreëls hervat
Die ministerie van binnelandse sake, immigrasie en veiligheid en sekuriteit het in samewerking met die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste veilige metodes ondersoek om met aansoeke vir identiiteitsdokumente (ID's) te hervat.
Aangesien nabye kontak tussen amptenare en aansoekers plaasvind wanneer daar om ID's aansoek gedoen en vingerafdrukke geneem word, is aansoeke vir hierdie noodsaaklike lewensdokumente vroeër weens die moontlikheid van Covid-19-oordrag opgeskort. Maskers moet ook verwyder word wanneer foto's geneem word.
Nampa berig die uitvoerende direkteur in hierdie ministerie, mnr. Etienne Maritz, het Woensdag aan joernaliste gesê daar is met die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste beraadslaag en gaan spesiale maatreëls vir die beskerming van beide aansoekers en amptenare implementeer.
Dit sal eerste in die Khomasstreek geïplementeer word en later in die ander streke. Die ministerie sal teen die einde van die week bekend maak wanneer dié belangrike diens deur binnelandse sake sal hervat.
Verder word ware tyds- e-dienste vir die registrasies van geboortes en sterftes in die nasionale bevolkingsregister ook beplan. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie