ICC bevind VAE-knoeiers skuldig
ICC bevind VAE-knoeiers skuldig

ICC bevind VAE-knoeiers skuldig

Krieket
Twee spelers van die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) is vandag skuldig bevind op klagte wat met wedstrydknoeiery verband hou.
Die Internasionale Krieketraad (ICC) het aangekondig dat Mohammad Naveed en Shaiman Anwar Butt ná ’n verhoor skuldig bevind is aan twee oortredings elk van die ICC se teenkorrupsiekode.
Beide is aangekla dat hulle by knoeiery tydens wedstryde in die T20 Wêreldbeker se kwalifiserende toernooi in 2019 in Dubai betrokke was.
Mohammad Naveed (33), ’n voormalige nasionale kaptein, en die 41-jarige Shaiman Anwar, ’n belangrike topordekolwer, bly geskors en hul strawwe sal binnekort bekendgemaak word.
Beide is ook skuldig bevind dat hulle nie dadelik volledige besonderhede onthul het toe hulle deur wedstrydknoeiers benader is, soos deur die internasionale krieketreëls bepaal word nie.
- ICC-cricket.com

FOTO
Shaiman Anwar van die Verenigde Arabiese Emirate kolf teen Namibië in Abu Dhabi in Januarie 2017. Die Namibiese paaltjiewagter is JP Kotzé. Foto Getty Images

Kommentaar

Republikein 2026-05-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer