Huurpagkontrakte hoop op by aktekantoor

Hervestigingsregte nog nie wettig

20 June 2017 | Landbou
Augetto Graig - Net ses van die huurpagregte wat die ministerie van grondhervorming aan hervestigings- en kleinskaalboere in die Oshikotostreeek toegeken het, was teen die begin van 2016 by die aktekantoor geregistreer.

Sedert 2001 het die ministerie meer as 5 300 huurpagregte toegeken.

Dit blyk uit 'n studie deur navorsers van die Namibië Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie (Nust) en die Regshulpsentrum (LAC) onder die tema “Leasehold as a vehicle for economic development” wat verlede week bekend gestel is.

Die studie fokus op die hervestigings- en kleinskaalse boere in die Oshikotostreek aangesien hierdie streek die mees verteenwoordigende streek in die land is ten opsigte van hervestigingsplase, Regstellende Aksie Leningskema-plase asook kleinskaalse kommunale boere. Die doel van die studie was om insette te lewer vir ‘n beleidsraamwerk ten opsigte van huurpag vir veral hervestigingsboere.

Volgens die navorsers beteken dié agterstand die groot meerderheid van hervestigingsboere het geen wetlike aanspraak op hul nuwe grond nie.

Volgens mnr. Charl-Thom Bayer, een van die navorsers by Nust, is die plase in die algemeen wel uitgemerk en geregistreer, maar die kontrakte met begunstigdes is óf nie geteken nie óf nie geregistreer nie.

Hy meen die grootste moontlike oorsaak vir die ongeregistreerde huurpagooreenkomste is dat beamptes nie weet dat hulle dit moet laat doen nie, of bloot nie omgee nie.

Begunstigdes dra nog minder kennis en is van nature minder in staat om die voorgeskrywe proses te kan voltooi. Bayer het saam met prof. Wolfgang Werner die navorsing in die Oshikotostreek onderneem en gekyk na kleinskaal-boere in die plaaslike kommunale gebied so wel as in die kommersiële Mangetti-gebied. Die navorsing wou bepaal watter ontwikkelingsgeleenthede huurpag vir armes kan skep. Die streek is gekies aangesien daar sedert onafhanklikwording baie grondeienaarskapsveranderinge was, sê die LAC se koördineerder vir grond, omgewing en ontwikkeling, mnr. Willem Odendaal.

Volgens Werner is daar 'n wanopvatting dat grondregte outomaties toegang tot krediet verleen. Onder die begunstigdes met wie die navorsers onderhoude gevoer het, is onwilligheid om huurpagkontrakte te teken voordat die ministerie nie alle infrastruktuur op hervestigingsgrond herstel het nie, het hulle bevind.

Boonop maak die huurkontrak nie 'n verskil aan banke of ander finansiële instansies as dit kom by lenings nie. Die probleem is dat daar geen handel in hervestigingsgrond kan wees nie en verbandhouers min met die grond kan doen, sou boere nie hul leningskuld betaal nie.

Nog 'n groot faktor is die tekort aan geld en bates wat die boere beleef. Selfs al kon hulle toegang kry tot lenings, sou die meeste dit moeilik vind om dit gereeld terug te betaal. “Finansiële instansies sal ook 'n probleem ervaar met afgeleide regte. Met tyd kom meer mense en bly op die hervestigingsplase wat 'n yslike probleem skep as dit by die afsit van boere kom,” sê hy.

As oplossing stel die navorsers voor dat 'n mark vir hervestigingsgrond geskep word om herwinbare waarde aan die hervestigingsgrondregte te gee.

Volgens Werner kon 68 persent van die 182 plase gedurende die navorsingsbesoek nie die koste van plaasonderhoud bybring nie. Die onwettige praktyk van onderverhuring is volop omdat dit die nodige kontantvloei bring, sê hy.“Maak dit wettig en jy beskerm beide die huurder en die verhuurder,” sê hy.

Ander voordele sluit in om die hele bedryf meer deursigtig te maak en arm boere in 'n posisie plaas om sy grond wettig te verhuur. “Ons kan so 'n mark reguleer. Ons moet net die voorwaardes bepaal om die risiko dat die doelwitte van hervestiging nie bereik sal word nie, te vermy,” sê hy.

Soortgelyk

 

Honderde miljoene vir veevoer nodig

23 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer - Die 2019 droogte is ‘n omvangryke ramp en ten minste N$170 miljoen is nodig om net 5 persent van die nasionale veekudde...

Min of geen handboeke vir nuwe leerplan

23 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Óf drupsgewys óf glad nie. Dit is volgens verskeie skole oraloor die land die huidige stand van handboeke vir die nuwe leerplan...

Regional council must account for vandalised buildings

23 ure gelede | Infrastruktuur

AUSSENKEHR – The //Kharas Regional Council must account for government buildings that are vandalised and left to become white elephants, the minister of urban and...

Swapo beslis dorpsraadslede se lot

23 ure gelede | Politiek

Dorpsraadslede van Okahandja en Rundu moes Maandag ure lank by Swapo se hoofkantoor in Windhoek wag om te hoor wat hul lot is. Verskeie nasionale...

Groeiende stad druk rioolstelsel

23 ure gelede | Infrastruktuur

Elvira Hattingh - Die Windhoekse munisipaliteit erken sekere rioolpype in die stad moet opgradeer word om die groeiende getal stadsbewoners te akkommodeer. Terselfdertyd beloof hulle...

Weer vir 19 Februarie 2019

23 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Bloedige hittetoestande word vir die res van die week in die binneland verwag.BINNELAND: Mooiweer en bloedig warm in die ||Kharasstreek. Elders sal dit gedeeltelik...

Gammams staan steeds stil

23 ure gelede | Regering

Elvira Hattingh – Windhoek se munisipaliteit (CoW) sê hul Gammams-watersuiweringsaanleg staan steeds stil nadat swaarbrandstofolie meer as twee weke gelede in die stad se rioolstelsel...

‘Vroue is sterk’

23 ure gelede | Maatskaplik

Mariselle Stofberg – TrueKrav Namibia het Donderdag, in samewerking met die Namibiese Vrouevereniging en Kosmos, ’n praatjie oor geslagsgeweld in die hoofstad aangebied.TrueKrav bied...

Namcor wil vry van sekere wette wees

23 ure gelede | Energie

Elvira Hattingh - Namibië se Nasionale Petroleumkorporasie (Namcor) het ‘n aansoek by die Namibiese Kompetisie-kommissie ingedien om vir die volgende 10 jaar vrygestel te wees...