Huurmonster drýf inflasie
Die prysmonster het verlede maand 'n effense blaaskans gevat, maar sy fut is nog lank nie uit nie.
Jo-Maré Duddy
Inflasie vir die huur van blyplek wat in die eerste twee maande van vanjaar telkens op 9,7% te staan gekom het, is een van die vernaamste oorsake dat die prysmonster steeds die seerste in vyf jaar byt.
Syfers wat Woensdag deur die Namibië Statistiekagentskap (NSA) vrygestel is, toon Februarie se inflasiekoers op 'n jaargrondslag was 7,8%. Dit is wel laer as die vyf jaar hoë 8,2% van Januarie, maar vergeleke met Februariemaande in vorige jare, is verlede maand se koers die hoogste sedert 2012.
Behuising, water en krag – die grootste gewig in die Namibiese verbruikersmandjie – se koers het van 9,3% in Januarie tot 9,6% verlede maand gestyg. Huur-inflasie val onder dié kategorie. Dit het binne 'n jaar van 7,2% tot 9,7% gespring.
Oudergewoonte was voedselinflasie ook een van die vernaamste aanhitsers van die prysmonster. Februarie se koers was 11,2%, af van 13,5% die vorige maand en die laagste sedert Oktober.
Vergeleke met Januarie het inflasie vir die meeste voedselsoorte in die verbruikersmandjie verlede maand gedaal. Net die koers van vis, koffie en tee, nie-alkoholiese drankies, asook mineraalwater, koeldrank en sap het gestyg.
Inflasie vir vis is nou 25,1%, op van 23,3% in Januarie. In Februarie 2015 was dit net 2,8%. Dié koers is sedert Oktober bo 20%. Koffie, tee en kakao se koers staan op 23,2% vergeleke met 4% 'n jaar gelede. Inflasie vir nie-alkoholiese drankies het van 4,7% in Februarie 2015 tot 12,5% gestyg, terwyl die koers vir mineraalwater, koeldrank en sap van 4,9% tot 9,8% verhoog het.
Februarie se koers vir ander voedsel-items in die verbruikersmandjie was: Brood- en graanprodukte 10,3% (Januarie: 15,4% en Februarie 2015: 9,9%); vleis 10,1% (10,3% en 2,4%); melk, kaas en eiers 8% (9% en 1,5%); olie en vette 10,9% (11,9% en 11,8%); vrugte 13% (15,8% en 9,9%); asook groente 4,3% (8,3% en 15,6%).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie