Hupstoot vir Keetmans
Die Raymond van Schoor Krieketstigting het onlangs 'n sintetiese krieketmat asook ander kriekettoerusting aan die Southern Reds-klub van Keetmanshoop oorhandig. Tydens die oorhandiging het me. Zandre Kotze, namens die raad van trustees van die Stigting, die liggaam se visie beklemtoon om jong Namibiese krieketspelers te inspireer om hul drome te bereik en hul passie uit te lewe. Hier ontvang mnr. Gabriel Freyer namens die Southern Reds die kriekettoerusting van Sarel Burger, Zandre Kotze en Richard Frankle, trustees van die Raymond van Schoor Krieketstigting. Foto verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie