Hulpfonds, studente bereik ooreenkoms
Die twee partye het onderneem om betalingsprobleme uit te stryk deur saam te werk.
Catherine Sasman - Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) en die Namibiese Nasionale Studente-organisasie (Nanso) het ooreengekom dat dié hulpfonds ’n eenmalige betaling van N$3 000 aan studente sal gee om op te maak vir die uitstaande nie-klasgelde vir die 2017- akademiese jaar.
Die betaling sou gister geskied.
Die NSFAF het Vrydag gesê vanweë die moeilike ekonomiese omstandighede het die fonds sy begroting oorskry en kan hy dus nie al sy verpligtinge ten opsigte van studente se nie-klasgelde nakom nie.
Die situasie is vererger deurdat meer student vir tersiêre onderrig gekwalifiseer het en gevolglik vir finansiële hulp aansoek gedoen het. Dié hulpfonds ondersteun tans 42 000 studente finansieel.
Wat verlede jaar se klasgelde en nie-klasgelde betref, het die fonds ingestem om ‘n maksimun van N$24 000 per student toe te ken. Dít ongeag in watter studierigting hulle aan ‘n Namibiese universiteit studeer.
‘n Uitsondering sal gemaak word vir studierigtings waarin die klasgelde hoër is as N$24 000 per jaar.
Dit sluit mediese rigtings in waarvoor die NSFAF N$54 000 sal betaal, asook ingenieurswese en veeartsenykunde waarvoor studente studielenings van N$34 000 sal ontvang. Dit moet voor 31 Julie betaal word.
Wat die betaling van ander uitgawes (nie-klasgelde) vir die 2018- akademiese jaar betref, sal die fonds N$17 000 aan beide nuwe en reedsbestaande studente betaal.
Studente wat in koshuise woon, sowel as dié wat privaat loseer, sal toegang hiertoe hê.
Dit sal ook voor die einde van Julie uitbetaal word.
Die hulpfonds se waarnemende uitvoerende hoof, mnr. Kennedy Kandume, sê die NSFAF sal voortgaan om aan internasionale studente en studente wat plaaslik by ander instellings studeer, die ooreengekome bedrag te betaal.
Die fonds en Nanso het tydens ‘n gesamentlike nuuskonferensie Vrydag gesê hulle het ooreengekom om ‘n gesamentlike appèlkomitee saam te stel wat na afgekeurde aansoeke sal kyk en die redes daarvoor sal ondersoek. Die komitee sou gister met sy werksaamhede begin het.
Die twee partye het ook ingestem ‘n gesamentlike komitee op die been te bring wat met belanghebbendes soos die ministeries van hoër onderwys, opleiding en vernuwing, en finansies sal vergader om seker te maak die betalings geskied voor die einde van die maand.
Verder sal die fonds met tersiêre instellings skakel om seker te maak studente het, hangende die betaling, toegang tot onderrigdienste, eksamens en hul uitslae.
Die NSFAF en Nanso het ook gesê hulle besef die noodsaaklikheid van samewerking om die situasie op te los.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie