Hulpfonds bied kans aan Afrika-kunstenaars
Hulpfonds bied kans aan Afrika-kunstenaars

Hulpfonds bied kans aan Afrika-kunstenaars

Yandi Du Plessis
Die Prince Claus Fund het onlangs aangekondig dat aansoeke vir die Prince Claus Seed Awards nou oop is.

Met 25 jaar se ondervinding, identifiseer die fonds jaarliks 100 opkomende kunstenaars en kulturele praktisyns wat hulle binne die eerste vyf jaar van hul loopbaan ondersteun sodat dié kunstenaars hul praktyke op hul eie voorwaardes kan ontwikkel. Namibiërs is welkom om aansoek te doen.

Die Prins Claus Fonds is op 6 September 1996 gestig as 'n huldeblyk aan prins Claus van Nederland se toewyding aan kultuur en ontwikkeling.

Sedertdien het die fonds geleenthede vir die ontwikkeling van bande en die uitruil van kultuur geskep, asook kulturele uitdrukking gestimuleer, hoofsaaklik in Latyn-Amerika, Afrika, Asië, die Karibiese Eilande en Oos-Europa.

As jy 'n opkomende kunstenaar is wie se innoverende werk fokus op dringende maatskaplike of politieke kwessies, is dit 'n geleentheid vir jou. Die sperdatum is 11 Mei.

Vir meer inligting oor die aansoekproses, besoek https://princeclausfund.org/open-call-seed-awards.

Kommentaar

Republikein 2026-05-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer