Hulp vir vloedslagoffers in Kavango-Wes
Weerlose en behoeftige lede van die gemeenskap is reeds geïdentifiseer.
Henriette Lamprecht – Die kabinet het hulp aan vloedgeteisterde gebiede in Kavango-Wes, insluitend die nedersettings by Sikondo, Nakazaza, Ruurumwe en Mafugu goedgekeur.
Onmiddellike verligting sluit tydelike huisvesting, voedselhulp en water- en gesondheidsgeriewe in. Al die betrokke families is reeds geïdentifiseer en is óf hervestig óf word voorsien van tente, matrasse, muskietnette en komberse deur die direktoraat van ramprisikobestuur in die kantoor van die eerste minister.
Die kantoor van die eerste minister het ook voedselhulp in die vorm van mieliemeel en geblikte vis aan verplaaste huishoudings voorsien.
Die ministerie van landbou, water en grondhervorming en die streekraad vir Kavango-Wes het watertenks en tydelike hervestigingspersele beskikbaar gestel.
Bykomende watertenks is ook deur die kantoor van die eerste minister aangekoop. Vloedgeteisterde families en individue wat nie hervestig is nie, kan steeds water by die naaste landelike watervoorsieningspunte kry.
Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het primêre gesondheidsorg verskaf, asook bykomende muskietnette en persoonlike higiëniese items soos watersuiweringstablette. Die nedersettingsontwikkelingskomitee het beheer geneem van die bestuur en koördinering van die tydelike hervestigingspersele en moet weerlose en behoeftige gemeenskapslede identifiseer.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie