Hulp is op pad, su00ea Ramaphosa in KZN
Hulp is op pad, su00ea Ramaphosa in KZN

Hulp is op pad, sê Ramaphosa in KZN

Inwoners van Port St. Johns en die nabygeleë gebiede word in gemeenskapsale en kerke gehuisves nadat dele van dié gebied weens oorstromings ontruim is.
Werner Beukes - Naasbestaandes van die 70 mense wat tot dusver in die vloedgeteisterde gebiede in KwaZulu-Natal (KZN) dood is, is Woensdag gevra om hul geliefdes by staatslykhuise te gaan uitken.

“Maatskaplike werkers en geestelike beraders is byderhand om bystand te verleen aan diegene wat mense aan die dood afgestaan het,” sê dr. Sibongiseni Dhlomo, LUR vir gesondheid in die provinsie.

In die Oos-Kaap is drie mense weens die oorstromings dood, berig Cara-Lee Dorfling.

Pres. Cyril Ramaphosa het Woensdagoggend vroeg in die land aangekom nadat hy sy besoek aan Egipte vir ’n spesiale Afrika-unie-troika-spitsberaad kortgeknip het weens die ramp.

Hy het KZN besoek en hulp belowe.

“Dit is noodgevalle waarvoor ons begroot het. Hulpbronne sal aangewend word om mense in nood te help,” het hy in Amanzimtoti gesê.

Ramaphosa het ’n krans by ’n huis gelê wat in Chatsworth ineengestort het. Sewe familielede is dood toe dié huis in die storm meegegee het.

Hy het gemeenskappe in die vloedgebiede bedank vir hul “onbaatsugtige hulp wat hulle aan hul medemens, wat in nood verkeer, verleen”.

“Ek wil nie net die gemeenskappe in dié gebiede bedank nie, maar ook die nood- en reddingswerkers vir hul pogings. Baie mense het in die modder en water gespring om kinders, geliefdes, vriende en bure te hulp te snel.”

Volgens Ramaphosa is meer as 1 000 mense dakloos ná storms in KZN en die Oos-Kaap.

RAMPBESTUURSEENHEID

“Dit is goed om te sien dat ons plaaslike en provinsiale regering, asook nasionale departemente, die polisie, samewerkende regering en tradisionele sake en die ministerie almal saamspan om skuiling aan die haweloses te bied.”

Die provinsiale rampbestuurseenheid het tydelik tente vir haweloses opgerig. Mense word ook in gemeenskapsale gehuisves. Talle het hul huise en besittings in die oorstromings verloor.

Meer as 300 inwoners van Port St. Johns en die nabygeleë Green Farm-gebied word in gemeenskapsale en kerke gehuisves nadat dele van dié gebied weens oorstromings ontruim is.

Ramaphosa het ook ander nood- en reddingsorganisasies bedank vir die kos, skuiling, beddens en toiletgeriewe wat hulle aan haweloses verskaf.

Die loterykommissie het hom ook verbind om R10 miljoen beskikbaar te stel om die vloedgeteisterdes te help.

Die ANC doen ’n beroep op Suid-Afrikaners om die onderskeie rampbestuurspanne in hul gebiede te kontak om vas te stel hoe hulle slagoffers in KZN en die Oos-Kaap kan bystaan.

Cheréne Pienaar berig dat die skade weens die hoë reënval in die sentrale Vrystaat toeneem. Nóg paaie het verspoel, ’n damwal het gebars en ’n woonbuurt kan tot rampgebied verklaar word.

Sisi Ntombela, Vrystaatse premier, het Woensdag die woonbuurt Bronville in Welkom besoek waar talle huise oorstroom is en die skole weens die onveilige paaie tot verdere kennisgewing gesluit moes word.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel vir vandag enkele donderbuie in die oostelike dele van die Vrystaat.

Volgens Snow Report SA is donderweer en vloede steeds moontlik in die Vrystaat, Noordwes, KZN, die Oos-Kaap en Lesotho.

GREENPEACE

Nhlanhla Sibisi, klimaat- en energie-veldtogleier van Greenpeace, sê die hope plastiek wat ná die hewige storms aan die kus uitgespoel het, is nog ’n rede om die land se beleid oor die gebruik van plastiek te wysig.

“Ek is verheug dat pres. Rama­phosa die vloedgeteisterde gebiede besoek. Ek hoop net nie hy kyk die plastiek mis nie,” sê Sibisi.

“Kenia, Marokko en Rwanda het reeds hul beleid oor plastiekgebruik gewysig. Plastiek is nie bio­afbreekbaar nie en rig permanente skade aan die omgewing en dierelewe aan. Dit is hoog tyd dat Suid-Afrika dié lande se voorbeeld volg en ’n verbod op die gebruik van plastiek plaas,” sê Sibisi.
– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Empoli | Monza 0 vs 1 Frosinone | Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City F1: Emilia Romagna GP First:Max Verstappen Red Bull 01:25:25 Second:Lando Norris McLaren + 00:00:00.725 Third:Charles Leclerc Ferrari + 00:00:07.916 Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Empoli | Monza 0 vs 1 Frosinone | Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City F1: Emilia Romagna GP First:Max Verstappen Red Bull 01:25:25 Second:Lando Norris McLaren + 00:00:00.725 Third:Charles Leclerc Ferrari + 00:00:07.916 Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%