Hulp gesoek met suurstofmasjiene, - konsentrators
Hulp gesoek met suurstofmasjiene, - konsentrators

Hulp gesoek met suurstofmasjiene, - konsentrators

Henriette Lamprecht
Covid Assist Namibia het 'n beroep op die Namibiese publiek gedoen om ou of ongebruikte suurstofkonsentrators of -masjiene te skenk vir gebruik vir dié wat dit dringend nodig het. In 'n verklaring sê die groep selfs al is dit stukkend, sal dit gratis herstel en geskenk word aan dié wie dit die nodigste het. Suurstoftenks of enige ander mediese toerusting wat kan help en nog gebruik kan word, kan ook geskenk word. Sou enige lid van die publiek kennis het of wil help met die herstel van ou, stukkende masjiene, kan die organisasie ook gekontak word by [email protected]; [email protected] of op hul Facebookblad www.fb.com/groups/covidnamibia.

Kommentaar

Republikein 2025-09-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer