Huise sonder mense

". . . nie 'n enkele siel . . ."
Mandy Rittmann
SAM SALES VAN USAKOS SKRYF:

Ek was gedurende kerstyd op Rosh Pinah en het toe ook Aussenkehr toe gegaan.

Daar is in ’n paar jaar gelede miljoene Namibiese dollars ingesteek om vir die werkers van Aussenkehr ’n woonbuurt te bou. Daar is rioolstelsels, water, brandkrane en lyne ingesit. Daar is dele waar lamppale is en ook elektriese bokse ingerig is, maar daar bly nie ’n enkele siel nie. Sien aangehegde foto’s.

So twee maande gelede het Chinese die pienkroos kwarts wat daar naby Hentiesbaai is aangery Usakos toe met ’n sleepwa en in ’n skeepshouer gepak. So steel ander ons land leeg.

Kommentaar

Republikein 2026-06-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer