Huisbrand eis lewe

Eenjarige spring beserings vry

10 September 2018 | Ongelukke
Otis Finck op Walvisbaai - ’n Man is die naweek in die Katutura-staatshospitaal weens brandwonde dood nadat sy sinkhuis vroeër aan die brand geslaan het.

Hoofinspekteur Daniel Gurirab het die dood van mnr. Paulus Hangula (32) bevestig.

Die brand het Donderdag in Kuisebmond op Walvisbaai ontstaan.

Luidens beskikbare inligting het Hangula en sy lewensmaat, me. Ester Phillipus (30), voor die brand met hul eenjarige seuntjie by hul huis aangekom nadat hulle by ’n plek gekuier het waar tuisgemaakte bier verkoop word.

Albei volwassenes was na bewering ten tye van die tragedie erg onder die invloed van alkohol.

Daar word voorts beweer die paartjie het gaan slaap terwyl ’n kers gebrand het.

"Die sinkhuis het aan die brand geslaan en net die twee volwassenes het ernstige beserings opgedoen. Hulle is na die Walvisbaai-staatshospitaal toe geneem, waar die dokter aangedui het albei het 85% brandwonde opgedoen en is Windhoek toe oorgeplaas vir verdere mediese behandeling. Die hele huis het nie afgebrand nie en die baba is ongedeerd."

Die naasbestaandes van die oorledene is van sy dood ingelig.

Intussen het mnr. Mc Heinrich Tjivikua (38) verlede Maandag in ’n ongeluk tussen Arandis en Usakos gesterf.

Dié ongeluk het omstreeks 22:49 ongeveer 15km buite Arandis plaasgevind.

Volgens Gurirab was die oorledene die enigste insittende in die voertuig.

Tjivikua het glo beheer oor die voertuig verloor waarna dit die pad verlaat en omgeslaan het. Hy is uit die voertuig geslinger voor dit aan die brand geslaan het.

Sy naasbestaandes is ook van sy dood in kennis gestel.

Intussen sal drie verdagtes na verwagting vandag in die Karibib-landdroshof verskyn weens ’n beweerde onwettige jagtog.

Die verdagtes, wat tussen 31 en 34 jaar oud is, het glo met honde en spiese ’n plaas in die Karibib-omgewing betree en ’n gemsbok gejag.

’n Gemsbokkarkas ter waarde van N$1 500 is teruggevind, het Gurirab gesê.

In ander gevalle is verdagtes agter tralies weens beweerde handel in en besit van dwelms.

Die polisie het Donderdag in Narraville op Walvisbaai ’n 18-jarige man en ’n vrou (51) hiervoor aangekeer.

Volgens die polisie is daar beslag gelê op 17 vermoedelik Mandrax-tablette en 17 sakkies vermoedelik dagga met ’n gesamentlike waarde van N$1 190.

Dié verdagtes word na verwagting vandag voor die landdroshf op die hawedorp gedaag.

Soortgelyk

 

‘Aarde lag deur haar gebarste gesig’

16 ure gelede | Weer

Ronelle Rademeyer – Groot dele van die Suide is vanoggend (Saterdag) sopnat.Die Facebook-blad Reën in Namibia van Philip Deetlefs is die ene jubelsange van dankbaarheid...

‘Aarde lag deur haar gebarste gesig’

16 ure gelede | Tuisblad

Ronelle Rademeyer – Groot dele van die Suide is vanoggend (Saterdag) sopnat.Die Facebook-blad Reën in Namibia van Philip Deetlefs is die ene jubelsange van dankbaarheid...

Parlement skop Woensdag sy werksaamhede af

1 dag gelede | Regering

Pres. Hage Geingob open Woensdag om 14:30 die Nasionale Vergadering se verrigtinge vir die jaar. Dit sal die negende sitting van die sesde parlement inlui.Die...

Registrasiefooie by NUST nou N$2 000 minder

1 dag gelede | Onderwys

Die Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) se registrasiefooie is met N$2 000 van N$4 200 tot N$2 200 verminder. Dit volg nadat ouers en...

Man sterf in ongeluk naby Rehoboth

1 dag gelede | Ongelukke

‘n Man is Woensdag op slag dood nadat die voertuig waarin hy op reis was, die pad verlaat en omgeslaan het. Volgens die polisie se...

Grondwet mag nie ‘papierdroom’ wees

1 dag gelede | Mense

Ronelle Rademeyer - “Ons kan almal baie dankbaar wees vir die Grondwet wat ons geskryf en eenparig aanvaar het. Namibiërs se vryheid en beskerming lê...

Groter stoom vir TransNamib

1 dag gelede | Vervoer

font face="Verdana" > Augetto Graig - Die nasionale spoorwegonderneming TransNamib het ’n nuwe raad en strategiese besigheidsplan aangekondig waarmee die onderneming ’n nuwe rigting...

NSFAF: Finale betalings voor 28 Februarie

1 dag gelede | Onderwys

Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) het alle geld ontvang wat aan studente vir 2018-’19 uitbetaal moet word. Volgens die fonds het die verwerking...

Weer, Vrydag 8 Februarie 2019

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Sonning en bloedig warm in die verre noordweste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees met enkele tot wydverspreide donderbuie.KUS:...