Huis Maerua trek partytjieskoene aan
Die immer gewilde Suid-Afrikaanse komediant, seremoniemeester, akteur en TV-persoonlikheid, Soli Philander, is op pad Namibië toe, waar hy by Huis Maerua se Black Tie-fondsinsamelingkonsert gaan optree.
“Ons doen dit alles vir ons kinders. Die fondse word gebruik om hulle toe te rus vir die 2019-skooljaar en om seker te maak hulle het alles wat hulle nodig het om ’n sukses daarvan te maak. Daarom wil ons iets teruggee aan die wonderlike mense wat ons ondersteun. Die Black Tie-geleentheid het ten doel om laasgenoemde te verwesenlik,” sê Liana Etsebeth, Huis Maerua se administratiewe assistent.
Dié kinderhuis word deur skenkings aan die gang gehou.
"Ons noem dit hardwerkende liefdeskapitaal. Ons streef na 'n gemeenskap wat op die gesin fokus onder die soewereiniteit van Jesus Christus. Elke kind kan gelukkig en doeltreffend in sy of haar unieke rol funksioneer – ook in die breër gemeenskap."
Huis Maerua verskaf ’n tuiste, asook opvoeding aan 24 kinders wat volgens wet uit hul ouerhuise verwyder is.
"Huis Maerua se bestuur ondersteun en beheer dié bedrywighede en word tans deur 'n bestuurder, maatskaplike werkerspan, huishoudings en ondersteunende personeel bestuur. Huis Maerua val onder 'n sambreelorganisasie, EcSOS (Ekumeniese Maatskaplike Dienste), wat vanuit die NG Kerk in Namibië funksioneer en uitreikwerk doen. Dít in samewerking met die Verenigende Gereformeerde Kerk in Namibië,” sê Liana.
“In hierdie stadium versorg hulle 15 kinders van 18 maande tot 18 jaar, wat almal bykomende en spesiale sorg benodig.
“Al ons kinders word deel van 'n normale kinderprogram vir gesonde opvoeding. Hulle gaan almal skool toe en ontvang bykomende ondersteuning."
Die geleentheid
“Ja, dit is 'n Black Tie-geleentheid – met n twist. Dit gaan ’n aand vol lag en pret wees met ons eregas, Soli Philander. So, sorg dat jou lagspiere goed geoefen is,” sê Liana.
Afgesien van Soli se optrede sal die geleentheid heelwat ander vermaak gbied.
“Fusion Funk-dansateljee gaan ons bietjie kom wys hoe word daar gerumba, gewals en getango,” sê Liana.
Verder gaan die Onguma Drumming Band gemoedere met hul tradisionele tromme lig.
’n Veiling vorm ‘n groot deel van dié fondsinsamelingskonsert.
Onder meer gaan naweke by West Nest Lodge en Flamingo’s Hotel op Walvisbaai en Zebra River Lodge opgeveil word, asook advertensieruimte en wildsvleis.
“Ons het ons gaste en hul veiligheid in ag geneem – hulle hoef nie hope kontant vir die veiling by hulle te hê nie. Voorsiening word gemaak vir kaartgeriewe, so hulle kan maar net kom swipe,” sê Liana.
Gaste wat die geleentheid gaan bywoon, sal in die loop van die aand gratis wyn en bier kan geniet, of iets sterkers by die kontantkroeg.
Aandete word deur ‘n verskeidenheid plaaslike besighede voorsien.
Huis Maerua wil graag die volgende instansies vir hul bydraes bedank: Food Lovers Market Kleine Kuppe, Lemon Tree-restaurant, Fresh ‘n Wild Utopia, Hartlief Bistro, Marilize Pieters, Red Chilli Catering, en PnP Wernhil.
“Ons wil ook graag die volgende mense en instansies vir Soli se reis- en verblyfkostes bedank: Alieta en Werner Wiese, ATC Namibia en Indongo Toyota.
“Terwyl hierdie kinders in ons sorg is, streef ons daarna om hulle die beste opvoeding te gee wat ons kan, en om hulle so lief soos ons eie kinders te hê. Ons wil deel wees van 'n interaktiewe gemeenskap – intern sowel as deur deelname in die gemeenskap – om vir mekaar te sorg deur middel van goeie en harde werk.
“Ons wil ons kinders ook leer om positiewe en opbouende eienaarskap te neem deur deelname,” sê Liana.
Die Black Tie-geleentheid vind op 29 November om 18:30 by Lemontree-restaurant in Eros plaas.
Kaartjies kos N$350 per persoon en kan direk by Liana by 061 383 250 of 081 586 9095 gekoop word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie