Houtskoolbedryf ‘werk hard vir orde’
Permitte wórd opgeskort vir onwettige houtskoolproduksie asook die nie-nakoming van landswette en maatreëls teen brande.
Elvira Hattingh – Rolspelers in Namibië se houtskoolbedryf het produsente opnuut aangemoedig om seker te maak goeie arbeidspraktyke word gevolg, terwyl die nodige stappe gedoen moet word om veldbrande te voorkom.
“Ons probeer hard om orde in die bedryf te kry en dit werp reeds resultate af. Dit gaan reeds beter as verlede jaar,” het mnr. Michael Degé, bestuurder van die Namibië Houtskoolvereniging (NCA) gister (19 Aug) aan Republikein gesê.
“Dis ‘n moeisame proses en polisiëring is nie eintlik ons werk nie, maar ons doen dit om te help,” het hy gesê.
Dit volg nadat houtskoolproduksie die afgelope weke opnuut die skuld vir veldbrande gekry het, terwyl gerugte van beweerde swak arbeidspraktyke deur ‘n produsent op Grootfontein die ronde in die sosiale media gedoen het.
Hiervolgens het ‘n produsent glo Angolese arbeiders bloot by die dorp se polisiekantoor afgelaai nadat hulle na bewering van hom gesteel en wild op sy plaas gestroop het. Hy wou hulle ook glo nie vir hul werk vergoed nie.
Degé sê die vereniging is bewus van die geval, maar dit is nou in die hande van die gereg.
Hy voeg egter by dat produsente dikwels talle probleme met houtskoolwerkers ervaar, wat diefstal, swak werk en wildstropery insluit. “‘n Mens moet na albei kante van ‘n saak kyk. In die sosiale media word dinge dikwels uit verband geruk. Ons moet onthou, mense is eers skuldig wanner ‘n hof dit beslis.
“Ons gaan in Oktober ‘n opleidingsdag hou, waartydens ons ook oor arbeidsverhoudinge sal gesels, het hy gesê.
BROOD EN BOTTER
Intussen het ‘n houtskoolprodusent, ook uit die Grootfontein-omgewing, sy kommer oor die gerugte in die sosiale media uitgespreek. “Is dit alles feitelik korrek? Later ly almal in die bedryf skade. Die meeste van ons volg die reëls noukeurig, want houtskoolproduksie is ons brood en botter.”
Grootfontein se houtskoolfabriek, Carbo Charcoal Namibia, het in ‘n nuusbrief Donderdag (18 Aug) hul kommer oor die gerugte uitgespreek en produsente opnuut aangemoedig om aan die nodige wette gehoor te gee.
“As buitelandse arbeiders gekontrakteer word, moet produsente kennis neem van wetgewing wat vereis dat hulle oor werkspermitte moet beskik,” lui die nuusbrief.
Carbo Charcoal Namibia waarsku houtskoolprodusente om seker te maak potensiële arbeiders is oud genoeg. “Houtskoolproduksie word as ‘n hoërisikowerk beskou en volgens wet mag geen persoon jonger as 18 jaar in die bedryf werk nie.”
Die maatskappy moedig produsente aan om met hul werkers oor wilddiefstal te gesels.
“As werkers genoeg het om te eet, mag wildstropery dalk verminder. Daar is natuurlik uitsonderings, waar kriminele elemente in die bedryf werksaam is,” is gesê.
Verder is produsente ook herinner aan die jongste reëls en regulasies vir houtskoolproduksie, wat insluit dat kilns sáám gegroepeer moet word om die risiko op veldbrande te voorkom.
VELDBRANDE
Degé sê in ‘n onlangse geval waar ‘n brand op ‘n hervestigingsplaas begin en na buurplase versprei het, is dit nie deur houtskool veroorsaak nie, al word daar houtskool op die plaas gemaak.
“Die brand is deur iemand veroorsaak wat ‘n vuur tussen lang gras gemaak het om kos gaar te maak,” het hy verduidelik.
Meer as 1 350 houtskoolprodusente is tans by die NCA geregistreer.
Degé moedig mense egter aan om produsente, wat nie die nodige reëls en regulasies vir houtskoolproduksie nakom nie, by die direktoraat van bosbou aan te meld. Hy sê dis belangrik dat nie-nakoming nie verpolitiseer moet word nie.
“Op Grootfontein en Outjo kan jy eers ‘n permit bekom nadat bosbou-amptenare ‘n inspeksie van jou plaas gedoen het. Die direktoraat van bosbou is besig om die prakyk oraloor die land uit te rol,” het hy gesê.
Onwettige houtskoolproduksie op hervestigingsplase geniet ook aandag.
Degé sê die NCA rapporteer plase aan die direktoraat waar die reëls oortree word.
“Dan doen die direktoraat ‘n inspeksie van die plaas en skort die permitte op, waar gepas. Ons is voortdurend in gesprek met mekaar.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie