Houtskoolbedryf sien enorme groei
Houtskoolbedryf sien enorme groei

Houtskoolbedryf sien enorme groei

Elvira Hattingh
Elvira Hattingh op Otjiwarongo - Die Namibiese houtskoolbedryf het 'n "ontploffing in houtskoolproduksie" die afgelope jaar ervaar en 'n groei van 33% in een jaar gesien.

Die Namibië Houtskoolvereniging (NCA) se bestuurder, mnr. Michael Degé, sê houtskool is as 'n "redding" tydens die afgelope droogte beskou, met talle produsente wat nuut tot die bedryf toegetree het en sommige wat alleenlik op houtskoolproduksie oorleef het.

Die Biomassa Tegnologie Ekspo is vanoggend op Otjiwa Lodge buite Otjiwarongo amptelik deur die hoof ontwikkelingsadviseur vir die Nasionale Beplanningskommissie, mnr. Ned Sibeya geopen.

Meer as 'n duisend besoekers het vooraf vir die geleentheid geregistreer. Die NCA se jaarvergadering het reeds om 08:00 vanoggend plaasgevind.

Foto Elvira Hatting

Kommentaar

Republikein 2025-05-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer