Houtskool: Meeste produsente tree reg op
Houtskool: Meeste produsente tree reg op

Houtskool: Meeste produsente tree reg op

Die departement van bosbou is tans besig met ‘n ondersoek na die groot aantal veldbrande vanjaar.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Die skuld vir die magdom veldbrande wat die afgelope ses maande in veral die noordelike, oostelike en sentrale dele van die land voorkom, word verkeerdelik voor die deur van geregistreerde houtskoolprodusente gelê, sê die uitvoerende hoof van die Namibiese Houtskoolvereniging (NCA), mnr. Michael Degé.

Hy sê algemene nalatigheid op plase deur byvoorbeeld nie voorsorg te tref wanneer tuinvullis verbrand word nie, asook die optrede van boere op hervestigingsplase wat nie die NCA se reëls en regulasies vir veilige houtskoolproduksie nakom nie, is die groot sondaars.

“Ek wil die NCA se kant van die saak stel, want die siening oor wie vir veldbrande verantwoordelik is, is nie objektief nie,” sê hy en voeg by die oorgrote meerderheid van lede volg die regte prosedures wanneer hulle houtskool maak.

“Die departement van bosbou (in die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme) is tans besig met ’n landswye opname na die oorsaak van die veldbrande. Dit is ongelukkig laat in die seisoen daarvoor; hulle moes dit van die begin af gedoen het, want nie alle veldbrande is aangemeld nie,” sê Degé.

Hy sê ’n ondersoek deur die Namibië Landbou-unie (NLU) toon dat nalatige houtskoolproduksie op hervestigingsplase ’n groot oorsaak is.

Republikein het vroeër berig dat wyle mnr. Chris Coetzee keer op keer die ontstaan van veldbrande op die Queen Sofia-hervestigingsplaas uit sy vliegtuig waargeneem het. Hy het twee weke gelede verongeluk toe hy die soveelste moniteringsvlug oor die gebied tussen Outjo en Otavi onderneem het waar daar sedert September voortdurend veldbrande was.

Degé wys daarop dat sosiale media ook in baie gevalle tot verkeerde persepsies oor veldbrande en die skuldige partye bydra.

“In 2011 was daar meer veldbrande as vanjaar, maar die rol van sosiale media (soos WhatsApp-groepe) in die verspreiding van nuus daaroor, was nog nie so groot soos nou nie,” sê hy.

Die departement van bosbou skort die houtskoolpermitte op van plase wat by hulle aangemeld word. As hulle vind dat houtskool onwettig vervaardig word, word alle toerusting, hout en houtskool gekonfiskeer en die houtskoolprodusent beboet, sê Degé.

“Ons doen dus ’n beroep op boere om plase wat nie die reëls en regulasies volg nie – en veral in die afwesigheid van brandstroke – by die naaste bosboukantoor aan te meld. Ons versoek dat die inligting ook na die NCA gestuur word sodat dit opgevolg kan word,” het hy in ’n verklaring oor dié vereniging se standpunt gesê.

“Ons kan rapporteer dat die meerderheid van ons lede die korrekte prosedures vir die vervaardiging van houtskool volg en dat dit ’n klein minderheid is wat die hele bedryf in gevaar stel,” sê hy.

Intussen het die kabinet opdrag gegee die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme moet ook ’n opname doen van die toerusting wat nodig is om veldbrande volhoubaar te bestuur, en dit met die Omgewingsbeleggingsfonds (IEF) se hulp aanskaf.

Dit volg nadat die minister, mnr. Pohamba Shifeta, op 13 Oktober ’n verslag oor die veldbrande aan die kabinet voorgelê het. Daarin sê hy die veldbrande in die Etosha Nasionale Park was grootliks beplan en maak deel uit van die bewaringbestuursplan.

Die kabinet het ook opdrag gegee dat die ministerie samewerking met ander regeringsinstansies, streekrade, tradisionele owerhede en die private sektor, insluitend die landbou-unies en boereverenigings, verstewig sodat veldbrande beter bestry kan word. –[email protected]

KASSIE

Dordabis brand weer

Elvira Hattingh - Boere en vrywilligers het vanaf Dinsdagmiddag ‘n reuseveldbrand in die Dordabis-omgewing bestry.

Een persoon is Dinsdag in die brand beseer terwyl nog vyf brandbestryders in ‘n stadium deur die vuur vasgekeer was, maar later kon ontsnap.

Die brand het Dinsdagnag voortgewoed en in die rigting van die plase Waldburg en Stolzenfeld beweeg. Dit is aangedryf deur ‘n sterk suidewind. Tóé het dit reeds op die plase Brack Wes, Tsatsachas, Elisenhöhe en Langbeen gebrand. Die vuur het ook oor die C23-grootpad gespring.

Die wind het talle kere van rigting verander en brandbestryders uitoorlê, wat laatnag reeds baie “moeg en moedeloos” was.

Teen Woensdagoggend was die brand op die plaas Langbeen onder beheer, maar het ‘n groot vuur op die gemeenskaplike grense van die plase Elisenhöhe, Stolzenfeld en Koanus gewoed. Die gebied is deur brandbestryders as “moeilik begaanbaar met baie bosse” beskryf en wat slegs deur 4x4-voertuie aangedurf behoort te word.

Woensdagaand is berig dat groot skade aangerig is op die plase van die Russiese miljardêr, mnr. Rashid Sardarov.

Die veldbrande in dié omgewing was teen gister onder beheer.

Kommentaar

Republikein 2024-05-09

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 14° | 33° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 17° | 32° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 19° | 33° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 15° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:06, High tide: 04:02, Low Tide: 22:18, High tide: 16:30 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 04:00, Low Tide: 22:16, High tide: 16:28 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 03:59, Low Tide: 22:16, High tide: 16:27 Rehoboth: 18° | 30° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 18° | 32° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 12° | 22° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 10° | 18° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 15° | 28° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 11° | 22° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 17° | 31° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 13° | 16° Durban: 20° | 33° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.1 | EUR to NAD 19.88 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.53 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.5 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.3 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1404.8 | USD to ZAR 18.53 | USD to ZMW 27.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77177.44 Up +0.32% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.65 Down -0.07% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13418.67 Up +0.32% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25988.93 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 310.08/OZ UP +0.05% | Copper US$ 4.50/lb UP +0.01% | Zinc US$ 2 895.60/T DOWN -0.54% | Brent Crude Oil US$ 84.78/BBP UP +0.58% | Platinum US$ 979.60/OZ UP +0.55% Sport results: Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 14° | 33° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 17° | 32° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 19° | 33° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 15° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:06, High tide: 04:02, Low Tide: 22:18, High tide: 16:30 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 04:00, Low Tide: 22:16, High tide: 16:28 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 03:59, Low Tide: 22:16, High tide: 16:27 Rehoboth: 18° | 30° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 18° | 32° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 12° | 22° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 10° | 18° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 15° | 28° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 11° | 22° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 17° | 31° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 13° | 16° Durban: 20° | 33° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.1 | EUR to NAD 19.88 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.53 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.5 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.3 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1404.8 | USD to ZAR 18.53 | USD to ZMW 27.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77177.44 Up +0.32% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.65 Down -0.07% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13418.67 Up +0.32% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25988.93 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 310.08/OZ UP +0.05% | Copper US$ 4.50/lb UP +0.01% | Zinc US$ 2 895.60/T DOWN -0.54% | Brent Crude Oil US$ 84.78/BBP UP +0.58% | Platinum US$ 979.60/OZ UP +0.55%