Houtpalette word meubels
Tanja Bause – Uit die sinkhuis kom die geluid van ''n hamer wat spykers in hout slaan. Voor die huis in Katutura staan verskeie houtmeubels wat op kopers wag.
Mnr. Weyulu Petrus (25) is besig om nog U329; bed uit houtpalette te maak. Petrus is een van drie vennote wat aan die begin van die jaar Wanashule Trading BK gestig het.
“Wanashule was my ouma se naam en om die besigheid na haar te vernoem, toon ek eer aan haar,” het Petrus gesê.
Hy het by KAYEC beroepsopleiding as skrynwerker ontvang en kort daarna met die besigheid begin. Sy twee vennote is ook skrynwerkers.
Die drie vervaardig meubels uit houtpalette wat hulle koop en in houtprodukte omskep.
“Ons doen alles met die hand. Ons het nie krag nie en kan daarom nie met U329; elektriese saag en toerusting werk nie,” het hy gesê.
Die drie vennote vervaardig beddens, tafels, stoele, koffietafels en boekrakke volgens kliënte se spesifikasies. Hulle herstel egter ook houtmeubels om dit weer soos nuut te laat lyk.
Hul droom is om uit te brei en om met elektriese toerusting te kan werk.
“Dan kan ons selfs nóg jong mense leer om met hout te werk sodat hulle hul eie besigheid kan begin en geld verdien,” het Petrus gesê.
“Ek is so dankbaar dat ek elke dag met my hande kan werk en my verstand kan gebruik wanneer ons meubels ontwerp. Dit is vir my baie lekker,” het mnr. Shikwambi Joel (27), een van die vennote in die besigheid gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie