Hout-oeste ‘bevoordeel net enkeles’

‘Oesvlakke was onvolhoubaar’

04 October 2019 | Ministeries
Francoise Steynberg - Die minister van die omgewing en toerisme sê sy ministerie pak tans die oes van stadiggroeiende hardehoutbome vir oorsese uitvoere.

“Hierdie aktiwiteite bevoordeel slegs enkele individue hier en in die buiteland ten koste van die breër ekonomie en die omgewing,” het mnr. Pohamba Shifeta Woensdag by die konferensie oor volhoubare hulpbronnebestuur en die ontsluiting van die land se bioëkonomiese potensiaal in Namibië gesê.

Die Hanns Seidel-stigting het die konferensie in die hoofstad aangebied.



“Namibië is nie soos ander tropiese reënwoudlande waar kommersiële hout op groot skaal geoes kan word nie. Die oesvlakke wat ons die afgelope paar jaar gesien het, was inherent onvolhoubaar. Daarom moet ons sorg dat hierdie aktiwiteite noukeurig beheer en gereguleer word,” het Shifeta gesê.

“Dit is veral belangrik dat ons nie ons natuurlike hulpbronne vir korttermynwinste misbruik, die toekoms ignoreer en sodoende die toekoms vir volgende geslagte opoffer nie. Ons toekomsgeslagte sal ons nie vergewe nie, want ons boshabitatte sal verdwyn,” sê die minister.

Shifeta sê ekostelsels bevorder Namibië se ekonomie en inwoners se welstand.

Sowat 70% van die bevolking is direk hiervan afhanklik vir hul lewensbestaan.

Hy sê volgens onlangse studies put Namibiërs ekonomiese voordeel uit biodiversiteit.

“Na raming is sowat N$13 miljard se inkomste jaarliks van biodiversiteit afkomstig, waarvan 40% toerisme behels.”

Shifeta het benadruk sy ministerie word deur die Grondwet en ander wette gereguleer.

“En ons volg dit sonder vrees, voorkeur of vooroordeel.”



KWOTAS, PERMITTE

Die minister doen ’n beroep op elke landsburger om maatreëls te gehoorsaam en te respekteer om die volhoubare gebruik van natuurlike hulpbronne soos wildlewe, seelewe en hout te verseker.

“Laat ons voldoen aan die maatreëls soos kwotas en permitte en verantwoordbaar wees. Die omgewing behoort aan ons almal; almal moet voordeel daaruit trek; almal moet dit beskerm en die belangrikste – dit aan ons toekomstige geslagte nalaat.”

Shifeta het verduidelik die regering het benaderings ontwikkel om regte en verantwoordelikhede van gemeenskappe uit te stip wat die bewaring en volhoubare gebruik van natuurlike hulpbronne betref.

Dít is in die Gemeenskapsgebaseerde Natuurlike Hulpbronnebestuursprogram (CBNRM) vervat.

Hy meen die CBNRM-program voorsien ’n wetsraamwerk om gemeenskappe in wildbewaring en die gebruik van wouldhulpbronne te bemagtig en dien ook as aansporing vir volhoubare ontwikkeling en om met fauna en flaura saam te leef.

“Gemeenskapswoude het van die belangrikste ekostelseldienste geword, veral in die noordooste van die land. Dit is veral van belang vir gemeenskappe in landelike gebiede waar hulle min of geen grond, energie of inkomste het en daagliks met armoede worstel,” het Shifeta gesê.

Volgens hom is daar ’n natuurlike skakel tussen woude en die landelike bevolking, want woudhulpbronne kan boumateriaal, energie, handvlytmateriaal en werksgeleenthede skep.

“Dié hulpbronne is herwinbaar sodra dit volhoubaar gebruik word.”

[email protected]

Soortgelyk

 

Te min isolasie, suurstof vir Walvis se episentrum

5 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Walvisbaai, Hentiesbaai en Swakopmund het nie genoeg isolasie- en kwarantyngeriewe om die toenemende stygende aantal positiewe Covid-19-gevalle en -kontakte te isoleer nie....

Rehoboth verenig in rou

5 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting op Rehoboth – Die rou snikke van ’n 20-jarige ma van Rehoboth, me. Roseline Moss, kon gister deurgaans gehoor word toe haar twee...

Weer, Vrydag 24 Julie 2020

5 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Oosweertoestande sal oor die Namib en kusareas voorkom. Tref voorsorg.BINNELAND: Koud aanvanklik, andersins sonnig en matig tot warm. 'n Taamlik sterk tot sterk noordoostelike...

Vakbonde tree in bresse vir fabriekswerkers

5 ure gelede | Visserye

Erongo-span – Die president van die Vakbondkongres van Namibië (Tucna), mnr. Paulus Hango, het gesê vakbonde wat werkers in die vissersbedryf verteenwoordig, is bekommerd oor...

Bou van ambassade stort miljoene in ekonomie

5 ure gelede | Infrastruktuur

Kristien Kruger – Die oprigting van die nuwe Amerikaanse ambassadekompleks in Klein-Windhoek het gister 'n sooispitseremonie bereik waartydens dié land se ambassadeur in Namibië, me....

SA trek beampte vas wat visumbedrog uit Windhoek pleeg

5 ure gelede | Misdaad

Die Suid-Afrikaanse departement van binnelandse sake het 100 visums teruggetrek wat na bewering deur een van sy beamptes wat by die hoëkommissariaat in Windhoek geplaas...

Melgesedek vlieg hoog

5 ure gelede | Mense

Jeanette Diergaardt – Met 'n kraakvars wit T-hemp, styfpassende donkerblou jeans wat net-net by die enkels kom en gepunte, blinkgepoetste swart skoene stap Melge­sedek Hamukoto...

Blik op Erongo se kwarantyn-fasiliteite

5 ure gelede | Gesondheid

Jemima Beukes – ’n Krisis is besig om in die Erongostreek te ontwikkel waar verskeie Covid-19 pasiënte self-isolasie moet toepas in agterplaas-vertrekke, terwyl staatsfasiliteite oorvol...

Lüderitz ’n skatkis van juweeltjies

5 ure gelede | Toerisme

Tanja Bause – Die Covid-19 pandemie en die wêreldwye hoktye en reisbeperkings het veral die toerismebedryf gedwing om buite die boks te dink. Besluitnemers moes...