Hou die land skoon
Francoise Steynberg - Namibië was eens 'n skoon land met Windhoek die skoonste hoofstad in Afrika.
Nou pryk Kigali in Rwanda met hierdie titel.
As na die strande langs ons Namibiese kus ná die Kersnaweek se feesvieringe gekyk word, is dit 'n skande hoe partytjies gehou word en hope rommel agtergelaat word. Dít nadat Spar Namibia tydens 'n groot skoonmaakveldtog langs die kus net voor die feesseisoen die strande opgeruim het.
Rommel is 'n afskrikmiddel vir toeriste en hulle gaan nie terugkeer na 'n vuil land nie. Om 'n leeu met 'n plastiekbottel in die bek in 'n nasionale park te sien, gaan toeriste na ander bestemmings laat spaander.
Die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, en sy adjunk, mnr. Tommy Nambahu, is albei gegrief deur rommelstrooiery in die land.
"Ons het 'n nare kultuur van rommelstrooi. Mense gooi bottels uit voertuie en die rommel langs ons paaie is 'n seer oog," het die minister twee weke gelede tydens die bekendstelling van die toeristestatistiekeverslag gesê.
Die ministerie van die omgewing en toerisme gaan in 2018 'n reuseskoonmaakveldtog van stapel stuur om hierdie euwel vas te vat.
Volgens me. Gitta Paetzold, uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië (HAN), gaan HAN, in samewerking met ander rolspelers in die toerismebedryf, soos Eco Awards, die Federasie van Namibiese Toerismeverenigings (Fenata) en die Recycle Namibia Forum (RNF), volgende jaar op die bewusmaking van rommelbestuurprojekte fokus.
“Ons gaan alle lede en vennote aanmoedig om hande te vat om ‘n skoner Namibië te verseker. Afgesien van skoonmaakveldtogte, moet die hele toerismebedryf bydra om rommel te versamel en te verminder - veral by toeristebestemmings soos die Etosha Nasionale Park, Sossusvlei en die Visrivier-canyon," het Paetzold gesê.
Dit is egter elke Namibiër se plig en trots om die land skoon te hou.
Só sê ander
Cyril wil dobbel en die res van ons drink 24 Desember 2017
Dit was ’n week van dronk raak op hoop, en ’n babelas wat die jolytmakers nie sien kom het nie.
Die eerste sjampanjeproppe wat geskiet is toe die ANC aankondig wie sy nuwe president is, was dié van SA (Edms.) Bpk.
Vir wie is Cyril Ramaphosa en die nuwe ANC-leiers se verkiesing goeie nuus?
’n Voorlopige analise van die politieke lojaliteite in die NUK, en kommer in selfs die anti-Ramaphosa-kamp dat kiesers in 2019 teen die ANC kan draai, wys dis nie onmoontlik dat die nuwe NUK Ramaphosa sy sin sal gee nie.
Onthou dat Ramaphosa versigtig moet trap totdat hy president word van die land. Hy móét breë steun in die ANC behou. - Rapport

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie