Hou die blink kant bo
Jy lees nou seker die opskrif en dink ‘ai, vrou, sien jy nie wat rondom ons gebeur nie’?
Voor ek dié begin skryf het, het ek myself below ek wil niks Covid-19 skryf nie, maar dit is so moeilik, want dit is nou ons nuwe normaal.
Deesdae as mense vra hoe gaan dit, is my eerste woorde “nee wat, ons kyk noord en gaan voort”, want wat anders kan ons doen?
Die skryfstuk is nie om te kla nie, maar om wel vir julle (en ook vir my) bietjie moed in te praat.
’n Paar jaar terug het ons ’n opleidingsessie gehad by die hoofkantoor van NMH en ek onthou die fasiliteerder het oor negatiewe en positiewe emosies gepraat.
Basies verwys positiewe emosies na geluk, vreugde, belangstelling, opgewondenheid, dankbaarheid en tevredenheid. Negatiewe emosies verwys na hartseer, woede, eensaamheid, jaloesie, selfkritiek, vrees of verwerping.
Ek weet vir seker baie van ons voel deesdae nét negatiewe emosies. Ons is kwaad, bekommerd, verbitterd en teleurgesteld.
En dit is heeltemal verstaanbaar.
Mense het werke verloor, salarisse is gesny, besighede het toegemaak en alles is sommer net ‘doom and gloom’.
Maar as daar ’n spesies is wat altyd opstaan, is dit die mensdom.
Meer as ’n maand gelede het 153 shacks afgebrand in Twaloloka, Kuisebmond. ’n Eenjarige seuntjie het in die brand sy lewe verloor.
Dit was die hartseerste toneel om te aanskou. Die aand van die vuur was choas, die mense het gehuil en geskarrel om hul besittings uit die brandende shacks te red.
Fast forward na ’n paar weke later– ek en ’n kollega is toe by Otweya (voormalige Twaloloka) waar die Walvisbaai Tafelronde kos en klere uitdeel.
Die oostewind is besig om op te kom en ons stap so deur die tente. Almal is vriendelik en bly vir hierdie pakkies wat hul nou kry.
Ons kom toe op ’n tent af, waar drie mense voor sit, en ’n kleintjie speel in die sand. Mamma is besig om vuur te maak, want sy gaan nou pap kook. En die prentjie wat hier voor my afspeel, laat staan my vir ’n oomblik stil.
Die wind waai, sy’s besig om pap te kook op ’n vuur en sy gesels met ons.
Ek sê toe vir my kollega, dit is amazing hoe die mense van Twaloloka opgestaan, hulself afgeskud en die lewe weer aangepak het. Wat nog meer amazing is, is hoe mense regoor Namibië saamgestaan het om dié mense te help.
So ek sê weer, as daar ’n spesie is wat altyd opstaan ná tragedie is dit ons.
Elke tweede dag ry ek vanaf Walvisbaai na Swakopmund, so om die see te sien is niks nuut nie, maar vandag was daar net iets wat my gesê het, kyk mooi. En die boodskap kom toe op by my, “kyk hoe mooi, ons het soveel om dankbaar voor te wees.”
So, kom ons maak dit ons missie om die blink kant bo te hou en as dit nie werk nie – drink maar bietjie rooiwyn!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie