Hou by wet, sê president oor grondkwessie
Elvira Hattingh - “Ek verwelkom die stemme van dié wat van hul grond ontneem is, maar ek doen ‘n beroep dat ons nie hierdie op ‘n ondemokratiese wyse moet hanteer nie. Ons kán die kwessie binne die bestek van die wet hanteer, sonder om wetteloosheid toe te laat.”
Dit was die woorde van president Hage Geingob vroeër vandag met die opening van die tweede nasionale grondkonferensie.
Tydens die geleentheid het hy gesê die prinsiep van gewillige-verkoper, gewillige-koper het nie die gewenste resultate gelewer nie. Hy het bygevoeg dat die grondwetlike bepalings hersien moet word waarvolgens grond met regverdige vergoeding verkry kan word, terwyl daar ook na die besit van grond deur buitelanders en afwesige grondeienaars gekyk moet word.
“Die posisie van die die regering is dat ons grondwetlike meganismes kan inspan om gelykheid in grondebsit te kry, solank grondonteiening in openbare belang is,” het hy gesê.
“Die fundamentele kwessie is ongelykheid, met Namibië wat as die tweede meeste ongelyke gemeenskap in die wêreld gereken word, ná Suid-Afrika.”
Hy het gesê die status quo sal egter nie toegelaat word om voort te duur nie.
“Wanneer die meerderheid ekonomies uitgesluit word, hou dit groot risiko in. Dit is in ons almal se belang - spesifiek dié wat het - om seker te maak daar is ‘n drastiese afname in ongelykheid. Dit kan gedoen word deur die herverspreidingsmodel te steun sodat die skewe ekonomiese struktuur getakel kan word.
“Ons moet onthou, hierdie is uiteindelik ‘n belegging in vrede,” het hy gesê.
President Geingob het gesê hy is beïndruk met hoeveel jong afgevaardigdes teenwoordig is, omdat hulle besluite sal oorerf wat op dié waterskeidingskonferensie geneem word.
Hy het gesê diegene wat van hul demokratiese reg gebruik gemaak het om nie aan die beraad deel te neem nie, is steeds welkom om by die konferensie aan te sluit en dat hy tydens die konferensie beskikbaar sal wees om met mense te praat wat misverstande oor die konferensie kan hê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie