Hotel-brand eis 17 mense
Minstens 17 mense het gesterf en vier is beseer toe ’n hotel in Indië vroeg Dinsdagoggend afgebrand het.
Volgens die owerhede is die brand in die Arpit Palace Hotel in Nieu-Delhi geblus.
Mandeep Singh Randhawa, adjunkkommissaris van die polisie, sê die gebou se struktuur en elke kamer sal ondersoek word.
Die hotel is geleë in Karol Bagh, ’n gebied wat baie gewild is by toeriste omdat daar baie winkels en goedkoper hotelle is.
Minstens drie mense is uit die brandende gebou gered. Een van hulle, Sivanand Chand (43), het gesê hy het gehoor hoe mense om hulp roep. - Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie