Hospitaalwerkers takel #JerusalemaChallenge
Tanja Bause – Sowat 50 personeellede van Mediclinic Windhoek het aan die wêreldwye Jerusalema dansuitdaging deelgeneem. Die liedjie deur die Suid-Afrikaanse platejoggie Master KG met sanger Nomcebo Zikode is in November laas jaar vrygestel. Teen middel vanjaar het sosiale media dit wêreldwyd tot die dansuitdaging #JerusalemaChallenge laat lei.
Volgens me. Elmarie Vink, hospitaalbestuurder van Mediclinic, het die personeel besluit om die uitdaging te aanvaar.
“Hospitale oor die wêreld heen neem aan die uitdaging deel, so ook in Suid-Afrika. Ons wil graag die eerste private hospitaal in Namibië wees wat dit ook doen. Mense van elke departement van die hospitaal is deel hiervan – van die apteek, intensiewesorgeenheid, teater, bestuur en administrasie tot die tegniese span en al die sale.”
Volgens haar het hulle een week geoefen voordat die video gemaak is en op sosiale media versprei is.
Sy sê die personeellede het hulself eweredig verdeel sodat almal deel kon wees.
“Een het die een dag gaan oefen en die ander een het gewerk en môre het hulle plekke geruil.
“Die ongelooflike positiwiteit, spanbou en oefening het ons laat besluit om oor die volgende weke se middagure hiermee voort te gaan. Die personeel lag saam en het pret saam, wat in dié tyd baie belangrik is.”
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie