Hospitaalaanvaller skuldig aan moord
Die man wat sy voormalige meisie in die Outjo-staatshospitaal met 'n mes aangeval het, is gister in die hoërhof in Windhoek aan moord skuldig bevind.
Jacqueline Louw
Twee getuies het gesê die 25-jarige Hendrik Nowoseb het vir me. Willemina Tsauses (24) in haar hospitaalbed gekonfronteer omdat sy 'n nuwe verhouding begin het 'n week ná die verbrokkeling van hul verhouding.
Só het regter Christie Lienbenberg gister in sy uitspraak in die hoërhof in Windhoek gesê voordat hy Nowoseb aan moord skuldig bevind het.
Tsauses, wat 'n dag voor haar moord op 6 Desember 2014 deur Nowoseb in die teenwoordigheid van haar nuwe vriend, mnr. Deodorius Khamuxab, met 'n mes aangeval is, was in die Outjo-staatshospitaal toe Nowoseb daar opgedaag het en haar vermoor het deur haar vyf keer met 'n mes te steek.
Nowoseb het getuig hy het haar oor haar nuwe verhouding uitgevra en sy het vir hom gesê dit traak hom nie. Nowoseb het gesê hy het haar met die mes gesteek omdat sy “nie respek aan hom betoon het nie”.
Nowoseb, wat tereggestaan het op klagte van moord, huisbraak met die doel om moord te pleeg, en twee klagte van poging tot moord is aan moord en een van die klagte van poging tot moord wat verband hou met huishoudelike geweld skuldig bevind.
Nowoseb was tot 'n week voordat hy die aanvalle uitgevoer het, nog in 'n romantiese verhouding met Tsauses betrokke. Hy het skuldig gepleit op die klag van moord, maar het in sy pleitverduideliking gesê hy was by beide geleenthede nie van plan om die oorledene te vermoor toe hy haar met 'n mes aangeval het nie. Getuienis deur die staat gelei het egter die teendeel bewys.
Die feit dat 'n mes in altwee aanvalle gebruik is en dat die steekwonde in die borsarea van die slagoffer was, dui daarop dat Nowoseb wou doodmaak en nie net pyn wou veroorsaak nie, het die regter in sy uitspraak genoem.
Regter Liebenberg het Nowoseb onskuldig bevind aan huisbraak met die doel om moord te pleeg, omdat daar nie sonder enige redelike twyfel bewys kon word of Nowoseb Tsauses se kamer self binnegegaan het, en of sy die deur vir hom oopgemaak het nie.
Tsauses se kêrel, Khamuxab, wat teenwoordig was toe Nowoseb haar in haar kamer aangeval het, het getuig hy was in 'n struweling met Nowoseb betrokke toe hy probeer het om Tsauses te hulp te snel.
In die proses het hy 'n snywond aan sy wang opgedoen waarvoor Nowoseb aangekla en skuldig bevind is aan poging tot moord.
Die aanval die nag van 6 Desember het plaasgevind in die kamer waar Tsauses en Khamuxab in sy oom se huis geslaap het. Khamuxab se oom het kort voor die aanval 'n SMS-boodskap van Nowoseb ontvang waarin hy wou weet of die oom sy “vrou” gesien het.
Die oom het nie geantwoord nie en 'n ruk later het die gewonde Tsauses in sy oom en dié se vrou se kamer ingehardloop en om hulp geroep.
“Sy optrede is vooraf beplan en deur jaloesie aangevuur. . . Hy het opgetree met die direkte opset om dood te maak,” het regter Liebenberg in sy uitspraak genoem.
Regter Liebenberg sal sy vonnis op 21 Augustus oplê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie