Hosea Kutako sesde beste in streek
Windhoek se internasionale lughawe sal hoër op die Skytrax-ranglys opskuif as die ministerie sy doelwit van Namibië as mededingendste toeristebestemming op die vasteland wil bereik.
Francoise Steynberg - Die Internasionale Lughawe Hosea Kutako is as die sesde beste streekslughawe in Afrika vir 2018 aangewys, maar is nie op die toptien-lys van beste lughawens op die vasteland nie.
Met die ministerie van die omgewing en toerisme wat Namibië as mededingendste toeristebestemming in Afrika wil vestig, sal dié lughawe, wat meestal buitelandse toeriste se eerste indruk van Namibië is, 'n beter plek op Skytrax se ranglys moet beklee.
Die Internasionale Lughawe Kaapstad is deur Skytrax as die beste lughawe in Afrika bekroon en is 21ste op die wêreldranglys.
Die Skytrax-toekennings het verlede Woensdag in Stockholm, Swede, plaasgevind.
Die Skytrax- Wêreldlughawenstoekennings se wenners word gekies ná reisigers aan die jaarlikse wêreldlughawe- kliëntetevredenheidsopname deelgeneem het.
Die kriteria is gegrond op reisigers se ervaring toe hulle by die lughawe aangekom het, hul inteken-ervaring, hul inkopie-ervaring, asook hoe hulle by doeane behandel is en hoe hulle vlugaansluitings ervaar het.
Changi-lughawe in Singapoer is vir die sesde agtereenvolgende jaar as die beste lughawe in die wêreld aangewys met die volgende lughawens as die toptien in die wêreld: Incheon, Tokyo Haneda, Hongkong, Doha Hamad, München, Centrair Nagoya, Londen Heathrow, Zürich en Frankfurt.
Die beste lughawens in Afrika vir 2018 naas Kaapstad is Durban, Johannesburg, Mauritius, Marrakesj, Oos-Londen, Seychelle, Port Elizabeth, Bloemfontein en Kaïro.
Die beste streekslughawe in Afrika vir 2018 is Durban, gevolg deur Oos-Londen, Port Elizabeth, Bloemfontein, Kigali, Hosea Kutako, Tunis, Dakar, Luxor en Abidjan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie