Hoërskool Rehoboth gesluit tot ná Paasnaweek
Hoërskool Rehoboth is vanaf vandag tot Dinsdag 6 April gesluit. Volgens die bestuur van die skool sal dié tyd gebruik word om die skoolperseel deeglik ná gevalle van Covid-19 te ontsmet. Normale klasse hervat weer Dinsdag om 07:15 met Groep 1 Dag 4. Alle koshuisleerlinge is onder streng toesig onder kwarantyn.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie