Hornkranz-regsgeding van die hand gewys
Hornkranz-regsgeding van die hand gewys

Hornkranz-regsgeding van die hand gewys

Vanjaar is gekenmerk deur verskeie regsgedinge van burgerlikes wat gewapende magte van aanranding beskuldig het.
Jana-Mari Smith
Jana-Mari Smith – 'n Namibiese burger moet opdok vir alle regskoste wat deur die regering en weermag aangegaan is nadat sy eis van N$1 miljoen vir 'n beweerde aanranding deur Operasie Hornkranz-soldate drie jaar gelede, vandeesmaand van die hand gewys is.

Hoërhofregter Orben Sibeya het bevind hoewel mnr. Taleni Petrus Manja kon bewys dat hy op 31 Desember 2018 aangerand is, kon hy nie sy aanvallers identifiseer nie.

Sibeya het in sy uitspraak gesê die hof het bevind Manja het versuim om geloofwaardige bewyse te lewer dat soldate die aanvallers was.

Die regter het gesê die hof aanvaar die weergawe van die gebeure soos beskryf deur die verweerders – wat die aanranding ontken het, aangesien hulle nie op die betrokke aand in die omgewing van die aanval was nie – “is waarskynlik waar”.

Hierteenoor verwerp die hof die eiser se weergawe as “hoogs onwaar­skynlik en onbetroubaar”.

Manja het beweer soldate het hom op Oujaarsaand by 'n vierrigtingstop in Babylon “op 'n gewelddadige wyse uit 'n stilstaande voertuig geruk”.

Hy het die gewapende soldate daarvan beskuldig dat hulle hom geskop en gedreig het om hom dood te maak.



SUKSESVOL GESKIK

Intussen het mee. Confidence Kubukeli en Edith Mbanga, die voogde van twee minderjariges wat tydens Operasie Kalahariwoestyn onregmatig deur gewapende magte aangerand en in hegtenis geneem is omdat hulle 'n aanranding deur polisiebeamptes en soldate in Januarie 2020 in Katutura verfilm het, vandeesmaand suksesvol met die regering geskik.

Ingevolge die skikkingsooreenkoms moet N$20 000 aan Kubukeli en N$15 000 aan Mbanga, onderskeidelik die ma en ouma van die twee minderjariges, betaal word.

Die verweerders het ook ingestem om die eisers se regskoste te betaal.

Die twee het die regering in Maart 2020 vir 'n gesamentlike bedrag van N$545 000 gedagvaar met die pro bono-hulp van die menseregteprokureur mnr. Norman Tjombe.

Volgens hofstukke het die minderjariges as gevolg van die aanranding beide “ernstige beserings aan hul liggame opgedoen, insluitend snywonde en kneusplekke, gevrees vir hul veiligheid en verneder en getraumatiseer gevoel”.

Hulle het ook sowat agt uur in aanhouding deurgebring voordat hulle vrygelaat is. 'n Landdros het later die saak teen hulle uitgegooi weens 'n gebrek aan bewyse.



OORWINNINGS EN NEDERLAE

Die jaar is gekenmerk deur verskeie regsgedinge van burgerlikes wat gewapende magte van aanranding be­skuldig het.

'n Regter van die hoërhof het einde-November 'n regsgeding van N$900 000 wat mnr. Ebson Katire weens 'n beweerde aanranding teen die polisie aanhangig gemaak het, van die hand gewys.

Regter Collins Parker het gesê die hof is nie tevrede dat daar enige bewyse van die aanranding is nie.

In September is die regering beveel om N$30 000 se skadevergoeding en bykomende regskoste aan mnr. Kyle Sullivan te betaal vir 'n aanranding deur polisiebeamptes en soldate tydens Operasie Hornkranz in 2019.

Die regering het in Mei 'n skikkingsooreenkoms van N$250 000 met me. Luise Taakambadhala Mwanyangapo onderteken nadat soldate haar op 27 April 2019 aangerand het.

Verder het die polisie en die Namibiese weermag (NDF) in Maart vanjaar ingestem om N$30 000 aan mnr. Alexander Ngoma Afonso te betaal, wat op 3 Mei 2019 helder oordag deur polisiebeamptes en soldate aangerand is.

Die regering het in November ingestem om N$100 000 aan mnr. Johannes Nduwe te betaal, asook sy regskoste, vir 'n aanranding tydens Operasie Kalahariwoestyn in Januarie 2020.

In September het die regering ingestem om N$250 000 aan nog 'n Tjombe-kliënt, mnr. Jesaja Nelumbu Hango, te betaal. Polisiebeamptes en soldate het hom tydens die eerste inperking verlede jaar in Swakopmund aangeval. Daarbenewens het die hof die regering beveel om Hango se regskoste van N$100 000 te betaal.

Einde Oktober het die regering ingestem om N$50 000 aan die dagga-aktivis, mnr. Brian Jaftha, te betaal nadat hy tydens 'n klopjag by sy woning in April 2019 aangerand is.

Sy mede-eiser, mnr. Haindere Pasakalius, het sy regsgeding vir N$15 000 geskik.

Die regering het in September ingestem om N$90 000 aan mnr. Fares Tjaverua te betaal nadat hy tydens Operasie Hornkranz in April 2019 aangerand is.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Weather: Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%