Horingveiling nou net aanlyn
Suid-Afrika se grootste renosterboer, John Hume, het die veiling vir renosterhoring wat Dinsdag “iewers” in Suid-Afrika gehou sou word, afgestel.
Die webtuiste waarop Hume en Van's Afslaers die veiling geadverteer het, is intussen ook van die internet verwyder.
Pelham Jones, voorsitter van die private renostereienaarsvereniging, sê die veiling wat Dinsdag sou plaasvind, is uitgestel. Dit gaan nie meer 'n veiling wees waar bieërs fisiek teenwoordig gaan wees nie.
“Ons het besluit alle veilings van renosterhoring gaan voortaan aanlyn wees. Die veiling wat Dinsdag gehou sou word, is tot November uitgestel,” sê hy.
Volgens Jones is die besluit om die veiling vir eers uit te stel geneem omdat die departement van omgewingsake besig is met 'n DNS-oudit op Hume se opgepotte renosterhoring. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie