u2018Hordesu2019 wil vir graad 12 registreer
u2018Hordesu2019 wil vir graad 12 registreer

‘Hordes’ wil vir graad 12 registreer

Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur het ’n bykomende N$4 miljoen vir die druk van bykomende leermateriaal bewillig.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Die feit dat graad 12 vanjaar uitgefaseer word, het veroorsaak dat die aanvraag daarvoor by die Namibiese Kollege vir Afstandonderrig (Namcol) “nogal skrikwekkend” was en dat “hordes” vir registrasie opgedaag het.

Volgens se Namcol se bemarkings- en inligtingsbeampte, mnr. Freddy Kaukungua, het die hersiene leerplan egter ’n minimale invloed op inskrywings vir graad 11.

“Ons beplanning hiervoor was veel minder,” sê Kaukungua. Hy kon nie syfers verskaf van hoeveel graad 11- en 12-leerlinge tans by die kollege geregistreer is nie.

“Diegene wat opgedaag het, was buite ons beraming. Selfs nadat bykomende materiaal bestel is, was die aanvraag steeds hoog. Dit oorskry al ons verwagtinge,” het hy gesê.

Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur het intussen ’n bykomende N$4 miljoen beskikbaar gestel vir die druk van ekstra handboeke. Volgens Kaukungua word dié boeke teen einde vandeesmaand verwag.

“Dit is moeilik om te bepaal hoeveel hierby gaan baat, aangesien ons leerlinge tussen een en drie vakke op ’n slag neem.”

Hy het verduidelik vooruitskattings word jaarliks na gelang van die vorige jaar se getalle gedoen en hiervolgens word materiaal gedruk. Volgens hom is die geld wat Namcol jaarliks van die ministerie ontvang, onvoldoende en word dit ook stuksgewys uitbetaal wat die kollege soms in ’n moeilike situasie plaas.

“Die kollege het ook besighede wat spesiaal op die been gebring is om die toelaag aan te vul. Boekwinkels verkoop ons materiaal wat by die Nasionale Instituut vir Opvoedkundige Ontwikkeling (Nied) geakkrediteer is, terwyl dit ook deur skole gebruik word.”

Kaukungua het beklemtoon die kollege sal “almal akkommodeer sover ons kan”.

“Dit is moeilik om ’n getal hieraan te verbind, maar ons gemiddelde registrasie per jaar is 45 000. Ons verwag egter om meer vir graad 12 te registreer aangesien dit die laaste keer aangebied word.”

Sou leerlinge nie vanjaar geholpe raak nie, is die uiteinde dat hulle tot aanstaande jaar sal moet wag of by ander instellings moet probeer geholpe raak.

FOONLYN OORWELDIG
Namcol se direkteur, dr. Heroldt Murangi, het vroeër gesê daar is ’n verwagte 30% toename in die nuwe druk van materiaal in 10 vakke. Die vakke sluit rekeningkunde, landbou, Engels en ekonomie in. Volgens Murangi dui dit op sowat 49 000 studiepakkette vir ’n bykomende 20 000 leerlinge by sentrums oraloor die land.

Weens die geweldige toeloop van leerlinge wat by die kollege wil registreer, moes Namcol noodgedwonge sy telefoniese besprekingstelsel laat vaar.

“Die volume oproepe wat die stelsel moes dra, was te veel omdat duisende ingebel het. Die aanvraag het die hulpbronne in plek oorskry,” het Murangi gesê.

Die reuse-opkoms weens die aanvraag na die ou leerplan het ook alle beplande getalle oorskry van boeke wat vir vanjaar gedruk is. In dié verband het die kollege ’n opsie vir selfstudie ingestel waar leerlinge sagte kopieë van die nodige materiaal ontvang en minder vir inskrywings betaal.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026