Hou00ebr belasting SA se voorland in 2020
Hou00ebr belasting SA se voorland in 2020

Hoër belasting SA se voorland in 2020

’n Senior ekonoom meen Tito Mboweni gaan geen ander keuse hê as om nuwe of bykomende belasting in te stel nie.
Elvira Wood – Suid-Afrikaners gaan waarskynlik hul gordels in 2020 nóg stywer moet trek.

“Diegene van ons wat nog werk het, gaan waarskynlik in die komende jaar nog hoër belasting betaal,” sê Miyelani Maluleke, senior ekonoom by Absa.

Hy en Peter Worthington, nog ’n senior ekonoom van Absa, het Dinsdag hul vooruitsig vir die land se ekonomie aan die media voorgelê op ’n gespreksessie in Sandton.

Maluleke sê hul verwagting is dat Tito Mboweni, minister van finansies, geen ander keuse gaan hê as om nuwe of bykomende belasting einde Februarie in sy begrotingsrede bekend te maak nie.

Mboweni lewer sy begrotingsrede op 26 Februarie in die parlement.

Absa voorspel onder meer dat belasting op toegevoegde waarde (BTW) weer met een persentasiepunt tot 16% verhoog gaan word. Die BTW-koers is in 2018 van 14% tot 15% verhoog.

Worthington sê hoewel dit ’n drastiese stap is, kan hy nie sien waar anders die staat geld in die hande gaan kry nie.

Hy sê so ’n BTW-verhoging, tesame met ander belastingverhogings, kan die staat ’n bykomende R35 miljard in die sak bring. Die bank verwag ook dat die brandstofheffing met 30c per liter verhoog gaan word.

Dié heffing beloop tans R3,37 per liter.

Maluleke sê daar is nie veel hoop dat die verbruiker die land se ekonomie in 2020 ’n hupstoot gaan gee nie.

“Dit is moeilik om te sien waar werk geskep gaan word. En mense wat wel werk het, se besteebare inkomste groei baie stadiger as voorheen.”

Vierde kwartaal se ekonomiese groei

Hoewel Absa nie verwag dat die ekonomie binnekort ’n tegniese resessie gaan beleef nie, voorspel hy ook nie beduidende groei in die toekoms nie. ’n “Tegniese resessie” verwys na twee opeenvolgende kwartale se negatiewe ekonomiese groei op ’n kwartaalgrondslag. Statistieke Suid-Afrika (SSA) maak eers op 4 Maart bekend of die ekonomie in die vierde kwartaal van verlede jaar gegroei of gekrimp het. Dié syfers sal die SSA in staat stel om die algehele groei vir die jaar te bereken.

Absa verwag wel dat die ekonomie in die vierde kwartaal gegroei het, ondanks beurtkrag in Desember.

“Ons verwag dat die ekonomie met sowat 0,4% in die vierde kwartaal gegroei het op ’n kwartaalgrondslag,” sê Maluleke.

“Onthou, dit was die feestyd en baie maatskappye en nywerhede het in elk geval in dié tyd bedrywighede afgeskaal. Ons verwag dus nie dat beurtkrag ’n beduidende invloed op ekonomiese groei gehad het nie.”

Absa het sy algehele groeiverwagting vir 2019 tot net 0,3% aangepas teenoor die 0,4% wat hy voorheen verwag het.

Die bank verwag ook nie ’n veel beter prestasie in 2020 nie met ’n vooruitsig vir groei van 0,9% gevolg deur 1,2% in 2021.

Ander verwagtinge vir 2020

· Die rand gaan teen die einde van die jaar waarskynlik tot swakker as R16 teenoor die dollar verswak. Absa glo dit is ’n gegewe dat die kredietgradeerder Moody’s Investors Service die land se skuld tot onder beleggingsvlak gaan afgradeer. Dié afgradering gaan volgens Absa sonder twyfel die geldeenheid laat verswak.

· Hoewel die Reserwebank die land in Januarie verras het met ’n rentekoersverlaging van 0,25 persentasiepunt, verwag Absa nie enige verdere verlagings vanjaar nie. Dit bring die Reserwebank se repokoers op 6,25% te staan en die prima rentekoers van banke op 9,75%.

· Absa verwag dat die inflasiekoers vir die hele 2019 op 4,1% was en dat dit vanjaar tot 4,4% sal toeneem. Absa sê die grootste veranderlike wat die inflasiekoers in 2020 gaan laat styg, is brandstofpryse.

· Absa verwag dat staatskuld gaan aanhou styg en dat dit met Eskom se skuld bygereken tot bykans 65% van bruto binnelandse produk (BBP) gaan toeneem teen die einde van die 2020-’21-boekjaar. As huidige beleid gehandhaaf word, verwag die bank dat dié syfer tot 81% in 2027-’28 gaan styg.

· Absa verwag ’n begrotingstekort van 6,9% in die huidige boekjaar. Dit is meer as die 6,2% wat die staat verwag.

Hoe los jy die probleem op?

Worthington sê Absa weet nie wat die oplossing is om die ekonomie aan die groei te kry as die staat nie daarin slaag om sy loonrekening in toom te hou en van bates ontslae te raak nie.

“Ek kan nie sien hoe die staat bereid gaan wees om genoeg bates te verkoop om regtig ’n verandering mee te bring nie.

“Die ANC is nie ten gunste van privatisering nie, so ek weet nie hoe dit moontlik gaan wees nie.

“Mboweni sal met georganiseerde arbeid moet praat oor hoe om verhogings van staatslone onder beheer te kry.”

Die vakbonde gaan egter waarskynlik nie hiervan hou nie.

“Suid-Afrika het nou ’n sterk regering nodig om sosiale konsensus te bewerkstellig. Of dit nou tussen ryk en arm, sake en arbeid, wit en swart is. Ons het dit nodig.

“Ek hoop die regering sal toenemend begin fokus op wat gedoen kan word om die land reg te ruk.”

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-09

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 14° | 33° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 17° | 32° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 19° | 33° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 15° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:06, High tide: 04:02, Low Tide: 22:18, High tide: 16:30 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 04:00, Low Tide: 22:16, High tide: 16:28 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 03:59, Low Tide: 22:16, High tide: 16:27 Rehoboth: 18° | 30° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 18° | 32° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 12° | 22° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 10° | 18° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 15° | 28° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 11° | 22° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 17° | 31° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 13° | 16° Durban: 20° | 33° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.07 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.46 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.79 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1429.05 | USD to ZAR 18.49 | USD to ZMW 27.35 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 346.25/OZ UP +1.62% | Copper US$ 4.57/lb UP +1.44% | Zinc US$ 2 927.50/T UP 0.08% | Brent Crude Oil US$ 84.65/BBP UP +0.43% | Platinum US$ 982.63/OZ UP +0.86% Sport results: Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 14° | 33° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 17° | 32° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 19° | 33° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 15° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:06, High tide: 04:02, Low Tide: 22:18, High tide: 16:30 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 04:00, Low Tide: 22:16, High tide: 16:28 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 03:59, Low Tide: 22:16, High tide: 16:27 Rehoboth: 18° | 30° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 18° | 32° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 12° | 22° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 10° | 18° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 15° | 28° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 11° | 22° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 17° | 31° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 13° | 16° Durban: 20° | 33° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.07 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.46 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.79 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1429.05 | USD to ZAR 18.49 | USD to ZMW 27.35 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 346.25/OZ UP +1.62% | Copper US$ 4.57/lb UP +1.44% | Zinc US$ 2 927.50/T UP 0.08% | Brent Crude Oil US$ 84.65/BBP UP +0.43% | Platinum US$ 982.63/OZ UP +0.86%