Hopelik net die begin
Hopelik net die begin

Hopelik net die begin

Dani Booysen
En toe was een van die “klankies” in ‘n voortgesette geskiedenis van omstrede dorpsbestuur op Rehoboth inderdaad “snuf-in-die-neus” wat nou tot vervolging gelei het.

Die Teenkorrupsie Kommissie (ACC) maak steeds meer aankondigings oor suksesse wat met ondersoeke behaal is.

In die beskuldigdebank vir beweerde korrupsie met ‘n tender om Blok E op die dorp se rioolstelsel te verbeter, staan oudburgemeester George Dax en die man wat as woordvoerder die dorp se gesig moet wees, mnr. Jeffrey Kasupi.

Toe die nuus oor die naweek bekend geword het, was daar talle gelukwensinge aan wetsbewakers vanuit die dorp self en elders in Namibië.

Al moontlike bron van kritiek is dalk hoekom dit sewe jaar geneem het om die ondersoek te voltooi en op vervolging te besluit.

Die korrekte prosedures is gepypkan en die koste van die werk het meer as verdubbel. Betalings is ook gedoen voordat ‘n steek werk verrig is.

Dit is allermins net Rehoboth se dorsbestuur wat soos baie inwoners dit stel, deur stank omgewe is. Om die kankers van wanbestuur en korrupsie landwyd te beveg, moet soos reeds baie kere tevore gesê, ‘n veel groter prioriteit wees. Diegene wat vertrouensposisies beklee en dit vir persoonlike gewin misbruik, móét aan die pen ry.

Hiervoor is hokaairoepers wat bereid is om op te staan vir wag reg is, asook toesig deur die gemeenskap, noodsaaklik.

Nie net op Rehoboth nie, maar regoor die land is hope geraamtes wat uit die kaste gedwing moet word.

So sê ander

27 Februarie 2017

Eer slagoffers van ‘SS Mendi’ en hou politiek daaruit

Die honderdjarige herdenking van die SS Mendi-ramp verlede week met plegtighede en huldeblyke in Suid-Afrika en in Engeland is heel gepas.

Die ondergang van die SS Mendi in 1917 in die Engelse Kanaal was een van die grootste rampe in die maritieme geskiedenis van Suid-Afrika en een van die mees tragiese verhale in Suid-Afrika se militêre geskiedenis.

Van die 913 mense aan boord is bykans 650 dood, insluitend 607 swart arbeiders wat lede van die 5de Bataljon van die Suid-Afrikaanse swart arbeiderskorps was.

Sedertdien is die SS Mendi-ramp beurtelings deur die ou NP-regering en die ANC-regering ná 1994 vir politieke en ideologiese gewin ingespan.

Die slagoffers was Suid-Afrikaners in diens van hul land. Eer hul nagedagtenis om dié rede en om die verhale van dapperheid en heldhaftige mense-drama ten tyde van die ramp.

• NETWERK24

Kommentaar

Republikein 2025-07-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer