Hope Village het 'n nuwe pa
Hope Village het 'n nuwe pa

Hope Village het 'n nuwe pa

Tanja Bause
Hope Village in Windhoek, wat deur Standard Bank ondersteun word, spog met 'n nuwe “pa”.

Mnr. Kingston Makoni is drie maande gelede as nuwe bestuurder van dié onderneming aangestel en het reeds positiewe veranderinge aangebring.

Makoni sê hy het die geleentheid aangegryp om by Hope Village te werk, omdat hy 'n positiewe bydrae tot die sentrum se kinders wil maak.

Makoni het meer as 17 jaar se ervaring met nie-winsgewende organisasies, en is deur Standard Bank aangestel om vir Marietjie de Klerk, stigter van die sentrum, by te staan.

Afgesien van Hope Village se vyfjaarplan het Makoni ook sy eie planne wat hy reeds begin implementeer het. Hy het beleid en prosedures, wat tevore nie bestaan het nie, vir personeel opgestel en aan hulle oorgedra.

Makoni wil Hope Village sigbaar maak as 'n nie-winsgewende organisasie sodat hulle meer borge kan kry.

Hy het ook 'n naskoolse studieprogram vir die kinders in werking gestel omdat van hulle sukkel met hul skoolwerk.

Makoni sê die negatiewe invloed van die area waarin die weeshuis geleë is, is 'n uitdaging, maar nie onoorkombaar nie.

Hy het sy waardering vir sy span uitgespreek.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° #N/A #N/A