Hope vergete dokumente is geld in die water
Hope vergete dokumente is geld in die water

Hope vergete dokumente is geld in die water

Binnelandse sake versoek landsburgers om met meer sorg na hul nasionale dokumente om te sien.
Augetto Graig
Augetto Graig – Die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit sê ’n groot getal dokumente waarvoor aansoek gedoen is, word nooit opgeëis nie.
Teen laas week Donderdag het die ministerie nog met 6 247 paspoorte, 4 793 burgerskapsertifikate en 69 967 identiteitskaarte gesit wat nie deur aansoekers afgehaal is nie.
“Ons rekords wys ook kommerwekkend baie aansoeke vir afskrifte van geboortesertifikate en identiteitsdokumente. Gedurende 2020 is aansoek vir altesaam 21 957 afskrifte van geboortesertifikate gedoen, en sedert Januarie 2020 tot op hede is ook vir 27 792 duplikaat- identiteitskaarte aansoek gedoen.
“Hierdie dokumente word teen groot koste gedruk en verkry,” sê die uitvoerende direkteur van die ministerie, mnr. Ettiene Maritz.
Maritz het terugvoering gegee op navrae ná die onlangse aankondiging van prysverhogings vir ministeriële dienste. Die koste vir paspoorte, visums en permitte styg om die koste van beter sekuriteitsmaatreëls te dek.
Uitklaring is onder meer gegee oor die verhoging tot N$1 600 vir ’n sertifikaat van identiteit, wat Namibiërs sou gebruik indien hulle die land wil verlaat en onseker is of hulle by hul terugkoms die land weer wetlik sal kan binnekom.
DOKUMENTE
“Ons sien nalatigheid in die hantering van nasionale dokumente. Mense is geneig om beter na hul identiteitskaarte as hul geboortesertifikate om te sien. Wanneer ’n geboortesertifikaat vereis word, doen hulle aansoek vir ’n afskrif omdat die oorspronklike een verlore of verlê is. Ons hoop met die prysverhoging sal almal beter na hul nasionale dokumente omsien.
“Die publiek moet ook bewus wees dat verlore nasionale dokumente tot identiteitsdiefstal kan lei, wat die werklike houer van die dokument sal benadeel,” sê Maritz.
Volgens die ministerie is presiese syfers onbekend oor hoeveel Namibiërs sonder nasionale dokumente is, maar ’n nasionale demografiese opname in 2016 het aangedui sowat 13% van die bevolking het nie geboortesertifikate nie.
“Die indruk van ’n ongedokumenteerde bevolking bestaan dus,” sê Maritz.
Dieselfde verslag het volgens hom aangedui dat 1,5% van Namibiërs geboortesertifikate van ander lande het.
“’n Deel van hierdie groep, hoewel gedokumenteer, mag staatloos wees,” sê hy.
Die uitvoerende direkteur het ook uitgebrei oor paspoortboekies vir vlugtelinge, wat tevore die plig van die Verenigde Nasies se hoë kommissaris vir vlugtelinge was, maar nou deur gasheerlande voorsien word en nie vir reise terug na lande van oorsprong gebruik kan word nie. Dié koste beloop nou N$400, waar dit voorheen N$200 was, en N$800 om te vervang (voorheen N$400).
Kinders gebore in die buiteland aan Namibiese ouers kan vir ’n burgerskapsertifikaat (op grond van herkoms) aansoek doen. Dit is nou N$500, waar dit voorheen gratis was.
STREEKKANTORE
Maritz sê die ministerie bied dienste vanaf 14 streekkantore in dorpe, nege substreekkantore vir geboorteregistrasie, doodsertifikate en identiteitsregistrasie, en tien substreekkantore net vir registrasie van geboortes en sterftes, plus 23 kantore by hospitale om die tydige registrasie van geboortes en sterftes te verseker.
“Ons het na skole uitgereik en algemene mobiele registrasies gedoen, gemik op verafgeleë gebiede en voorheen benadeelde gemeenskappe. “As dit nodig is om ’n spesifieke groep te registreer, is raadslede welkom om ons te nader met ’n lys van die mense sodat ons ’n geteikende mobiele registrasie kan voorberei,” sê hy.
“Ons mobiele programme is deur die Covid-19-pandemie gekniehalter, maar ons 56 kantore bly oop,” sê hy.
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.87 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.87 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%