Hoop vir
Hoofartikel
Die jongste terugvoering aan inwoners van Rehoboth deur die dorp se tussentydse administrateur, me. Nathalia /Goagoses, skep hoop dat 'n nuwe toekoms vir hierdie gemeenskap wag.
Die verlenging van die tyd wat /Goagoses vir haar taak gegun is met ses maande, wys die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling se erns met die regrukaksie. 'n Mens wonder hoekom die erns tevore ontbreek het. En of dieselfde resep nie by ander munisipaliteite sal help nie.
Om 'n warboel soos Rehoboth se swak en glo blatant korrupte administrasie in orde te omskep, kan geen maklike taak wees nie. Waar geen skriftelike kontrakte met sekere ondernemers bestaan nie en skuld vir water en elektrisiteit tot meer as N$110 miljoen opgeloop het, moes daar 'n gebrek gewees het aan die mees basiese dissipline wat goeie bestuur verg.
/Goagoses moet nie net met Rehoboth en die minister wat haar aangestel het nie, maar die hele Namibië die uiteindelike bevindinge van haar speurtog deel. Dit sluit in bewyse van gunste vir gawes en/of familielede, hoe erwe en grond bestuur is en of ontwikkelingskapitaal korrek en verantwoordelik aangewend is.
Haar waarskuwing aan mense wat met “vrot appels” saamwerk, wys dat wanbestuur in stand gehou word deur diegene wat voordeel daaruit trek.
Ons wens /Goagoses sterkte toe. Hopelik sien ons volgende jaar 'n opregte “skoon” raad en bestuur.
Sonder dat mense hoef te wonder hoe lank die goeie sal oorleef. . .
So sê ander
13 November 2018
Children's homes: on the edge of chaos
Around three-quarters of English children's homes are run for profit, with most of the rest run by councils.
The system as a whole is in the midst of a crisis produced by marketisation, and the local authority's reinvention as a shopper seeking a bargain. Since 2010, a bad situation has been made dramatically worse by cuts to council budgets.
Councils have asked companies to compete for contracts, and bid to care for individual children, in an online process likened to an “auction”.
The education secretary, Damian Hinds, should step up to the challenge of this broken system.
A new model is needed, and one that involves the government taking a strategic view of how the state, partnered with civil society, can best look after these vulnerable children.
• THE GUARDIAN

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie