Hoop vir Hoërskool Dawid Bezuidenhoudt
Op 15 Maart het die Hoërskool Dawid Bezuidenhoudt in Khomasdal besoek van die Namibiese polisie ontvang.
Die polisie het by verskeie skole bewusmaking oor misdaad geskep. Die inisiatief het in 2014 begin met die tema “Droom Groot” en die veldtog het van 7 tot 17 Maart geduur.
Die veldtog het dit ook ten doel gehad om leerlinge te inspireer om groot te droom.
Hoofinspekteur Victoria Matjila sê die polisie se werk is om polisiëring in vennootskap met die gemeenskap aan te pak, waarvan die onderskeie buurtwagte ’n goeie voorbeeld is. Die polisie het besef leerlinge kan baie bydra tot die misdaadsyfer in hul onderskeie gemeenskappe en dat hulle dus saam kan kyk na maniere om misdaad te beperk.
“Dawid Bezuidenhoudt is een van die skole wat ’n groot probleem met dwelms ervaar,” het Matjila gesê.
Om dié rede is sy as spreker genooi om die leerlinge oor die euwel in te lig.
“Martin Luther King is bekend as ’n man wat ’n droom gehad het en in Suid-Afrika het hulle hul eie bekende leier, mnr. Nelson Mandela, gehad. In Namibië het ons vir mnr. Sam Nujoma en daar is baie ander leiers wat 'n droom gehad het.”
Met die name wou Matjila wys dat daar mense is wat groot hoogtes bereik het omdat hulle ’n droom gehad het. Sy het gesê dat jong mense veral by dié skool ’n droom moet hê.
Nóg 'n groot euwel in skole is die verspreiding van pornografie. Kons. Kamati was een van die sprekers oor die kwessie.
Hy het ook 'n ernstige gewaarsku gerig aan leerlinge wat volgens hom dink hulle kan doen wat hulle wil.
“Om ander leerlinge te boelie, is ’n strafregtelike oortreding en jy kan toegesluit word,” het Kamati gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie