Hoogste vonnis vir 'seksuele roofdier'

‘n Bejaarde man van die kus is vir die verkragting van vier minderjarige meisies swaar gevonnis.
Otis Finck
Otis Finck – Die 68-jarige Dragan Vujicin moet 35 jaar agter tralies deurbring ná hy op vyf klagte van verkragting en vier van kinderhandel skuldig bevind is.

Landdros Gaynor Poulton het Vujicin op 31 Januarie vanjaar in die landdroshof op Swakopmund skuldig bevind aan misdade wat in 2013 en 2014 plaasgevind het.

Poulton het hom tot vyf jaar tronkstraf vir elk van die vier klagte van kinderhandel en 10 jaar elk vir die sewe klagte van verkragting gevonnis. Hy sal 35 jaar agter tralies deurbring en die vonnisse sal gelyktydig uitgedien word.

Volgens Poulton het Vujicin geen teken van berou getoon nie.

“Die beskuldigde se weergawe was ‘n blote ontkenning en tot vandag wou hy nie die blaam dra vir wat hy gedoen het nie. Die beskuldigde is ‘n pa met ‘n dogter, wat net so kwesbaar vir sy optrede is. Die ouderdomsverskil van 50 jaar is ook verswarend, omdat die beskuldigde die pa of oupa van die slagoffers kon wees,” het sy gesê.

Die feit dat die beskuldigde kinders geteiken het, wat hy geweet het weerloos is en wie se weerloosheid hy uitgebuit het deur hulle walglike seksuele dade met hom te laat pleeg, is ook verswarend.

“Die kinders was maar sewe tot nege jaar oud toe die misdade gepleeg is.

“Hy het hulle voorberei totdat hulle nie omgegee het om die onvanpaste dade wat met hulle deur ‘n wonderlike oom gepleeg is, nié aan te meld nie.

“Hy het sy posisie van vertroue misbruik. Hy het die dade ook verskeie kere gepleeg,” het sy gesê.

Poulton het gesê verkragting is sonder twyfel een van die ernstigste en onmenslikste oortredings teen ‘n vrou, en mense- of kinderhandel is net so ernstig.

“Verkragting is ‘n walglike oortreding, en die erns van mensehandel is duidelik uit die strawwe daarvoor. Daar word daagliks ‘n beroep gedoen dat dit gestop moet word. Van howe word verwag om só te vonnis dat dit voorkom en verhoed word.”

‘n Maatskaplike werker en twee van die slagoffers se ma’s het vir die staat getuig.

Volgens die maatskaplike werker, me. Margret Richter, sal die trauma van die dade die slagoffers bybly.

Sy het uiterste en oormatige geseksualiseerde gedrag, losbandigheid en stigmatisering uitgesonder as van die beduidende gevolge van die misbruik van die slagoffers.

"Die emosionele wonde bly lank ná die voorval en gaan gepaard met gevoelens van skaamte. Die feit dat die beskuldigde die kinders oor 'n lang tydperk hierop voorberei het, wys dat hy 'n seksuele roofdier is. Hy het die verhoudings oor 'n geruime tyd gehandhaaf.

“Ek klassifiseer die beskuldigde as 'n pedofiel. Hy tooon belangstelling in kinders en die waarskynlikheid is hoog dat hy sonder rehabilitasie en indien die geleentheid hom weer sou voordoen, dieselfde pad sal volg," het sy gesê.

Albei ma’s het getuig die voorvalle het hul kinders se lewens negatief beïnvloed.

"My kind is nie wat en hoe sy voorheen was nie. Sy het 'n totale gedragsverandering ondergaan en het opstandig geword. Sy slaap uit, vaar nie meer goed op skool nie, het probleme met konsentrasie en kan nie onthou nie," het een ma gesê.

Die tweede ma het getuig haar kind word gestigmatiseer.

"Ander wys vingers, terwyl sommige simpatiseer. Sy sluit haar af wanneer die voorval of die beskuldigde se naam genoem word. Ek kry paniekaanvalle en is paranoïes en as 'n ma is ek bang iets soortgelyks kan met my ander twee kinders gebeur.”

Sy het gevra die name van veroordeelde seksuele oortreders moet openbaar gemaak word.

“Diegene wat gevang word, moet toegesluit word en die sleutel moet weggegooi word. Ek wens dit niemand toe nie.”

Volgens Richter bestaan ondersteuningstelsels ook nie altyd nie en skiet professionele hulp dikwels tekort, wat dit moeilik maak vir dié kinders om normale lewens te lei.

Dragan het geen getuies geroep nie.

Sy prokureur, mnr. Mpokiseng Dube, se verweer was dat hy geen vorige veroordelings gehad het nie en dat hy getroud is en drie minderjarige kinders het.

Ook is hy op ‘n gevorderde ouderdom en is die feit dat geen penetrasie plaasgevind het nie, faktore om in ag te neem om van die voorgeskrewe vonnis af te wyk.

"Weens die beskuldigde se ouderdom sou dit onregverdig wees om hom baie lank gevange te hou."

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!