Hoogste getal van 585 gevalle, 342 in Windhoek
Hoogste getal van 585 gevalle, 342 in Windhoek

Hoogste getal van 585 gevalle, 342 in Windhoek

Henriette Lamprecht
Die hoogste getal gevalle sedert die aanvang van die Covid-19-pandemie is vandag aangemeld en wel 585. Hiervan is 342 in Windhoek, terwyl Opuwo 79, Outjo 1, Swakopmund 34, Walvisbaai 30, Usakos ses, Otjiwarongo 23, Grootfontein agt, Okahandja ses, Okakarara twee, Karasburg en Keetmanshoop onderskeidelik sewe elk, Lüderitz twee, Rehoboth ses, Mariental ses, Oshakati 11, Rundu ses, Tsumeb vyf, Gobabis drie en Katima Mulilo een.

Nog drie Covid-19-verwante sterftes stoot die syfer op tot 180 na die dood van twee 40-jarige vroue van Windhoek sonder enige onderliggende mediese toestande en 'n 55-jarige vrou van Karasburg met onderliggende mediese toestande.

Die aktiewe gevalle staan tans op 3 075 waarvan 164 in die hospitaal en 30 daarvan in intensiewesorgeenhede (ICU) is. Dit sluit 91 in die hospitaal in Khomas en 28 in ICU, 27 in die hospitaal in Erongo en twee in ICU, tien in Omusati, agt in Hardap en Oshana in die hospitaal, sewe in Ohangwena, ses in Oshikoto, vyf in Kunene, en een elk in die hospitaal in onderskeidelik Kavango-Oos en Zambezi.

Nog 74 mense het herstel wat die totaal op 16 041 te staan bring. Dit sluit 60 in Khomas, 11 in Omaheke en drie in //Kharas in.

Tot op hede is 190 462 weefselmonsters getoets, 4 620 kontakte word gemonitor 1 237 mense is in kwarantyn.

Kommentaar

Republikein 2025-12-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer