• Tuisblad
  • Plaaslik
  • Hoogste getal gevalle sedert die aanvang van pandemie, ses uit tien in Windhoek toets positief.
Hoogste getal gevalle sedert die aanvang van pandemie, ses uit tien in Windhoek toets positief.
Hoogste getal gevalle sedert die aanvang van pandemie, ses uit tien in Windhoek toets positief.

Hoogste getal gevalle sedert die aanvang van pandemie, ses uit tien in Windhoek toets positief.

Henriette Lamprecht
Die Covid-sterftesyfer styg met 26 - Windhoek 10, Mariental 4, Tsumeb en Okahandja onderskeidelik drie elk, Grootfontein 2 en een elk in Swakopmund, Keetmanshoop en Omaruru - tot 1 305. Nie een van vandag se sterfgevalle was teen Covid-19 ingeënt nie. Vandag is die hoogste getal gevalle sedert die aanvang van die pandemie in Maart verlede jaar en wel 2 547 gevalle aangemeld waarvan 59% (1 493) in Windhoek is. Ses uit die tien mense wat in Khomas getoets is, was positief. Die positiewe koers vir vandag is 48% en uit die nuwe gevalle is 305 leerlinge, 32 studente, 28 gesondheidswerkers en 24 onderwysers is. Tans is daar 17 694 aktiewe gevalle waarvan 537 in die hospitaal en 91 in die ICU is. Die herstelkoers val tot 77% en tot op hede 112 773 mense teen Covid-19 ingeënt.

Kommentaar

Republikein 2025-05-09

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer