Hoofstad kry nuwe busstelsel
Augetto Graig
Die Windhoekse munisipaliteit se busdienste spog vanaf Maandag 14 November met ''n meer moderne weergawe wat vanaf die Wernhil Park-inkoopsentrum in die middestad in bedryf sal wees.
Alle ou busroetes gaan verval. Pleks van direk van een woonbuurt na die ander beweeg, sal passasiers nou eers na die middestad geneem word, van waar hulle na hul onderskeie bestemmings vervoer sal word.
Volgens die munisipale woordvoerder, mnr. Joshua Amakugo, sal passasiers nie ''n tweede kaartjie by Wernhil Park hoef te koop nie, omdat die eerste rit se kaartjie geldig is vir alle roetes wat onderneem word. Hy het daarom gemaan passasiers moet sorg dat hulle die kaartjie as bewys by hulle hou. Betaal ''n passasier kontant, is ''n kaartjie N$6, maar vir die houers van die munisipaliteit se slimkaart sal dit N$5 wees.
“Die nuwe busstelsel sal 12 busroetes dek wat gereeld van bykans al die dele van Katutura, Goreangab, Havana, Okahandja Park, Kabila, Otjomuise, asook heen en weer na die middestad reis. Die roetes sluit ook omliggende woonbuurte soos Auasblick, Rocky Crest en ander in. Daarby sal die stad ook bykomende plaaslike roetes instel wat tussen Wernhil Park en Soweto Market, tussen Wernhil en Goreangab en Otjomuise, Wernhil tot Eros, Klein Windhoek en Avis, asook van die inkoopsentrum tot by Olympia, Suiderhof en Auasblick beweeg,” het Amukugo gesê.
Volgens hom sal personeel op 14 November by gewilde bushaltes wees om mense meer oor die nuwe roetes en diens in te lig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie