Hoofman verwelkom boerdery-eenhede
Hoofman verwelkom boerdery-eenhede

Hoofman verwelkom boerdery-eenhede

'n Bewaringsgebied en tradisionele owerheid stamp steeds kop oor voorgestelde ontwikkeling in Tsumkwe-Wes.
Catherine Sasman
Catherine Sasman – Glony Arnold, hoof van die !Kung tradisionele owerheid, sê sy is verbaas oor me. Sarah Zungu se ommeswaai in standpunt oor die instelling van nege plaaseenhede in die Tsumkwe-Wes-gebied.

Volgens Arnold is dit “ietwat onverwags”, aangesien Zungu en die Na‡aJaqna-bewaringsgebied - wat volgens Zungu nou dié plaasprojek verwerp - te alle tye by konsultasies en gevolglike besluite betrokke was.

Zungu, voorsitter van die Na‡aJaqna-bewaringsgebied, het in Junie die voorstel verwerp en beweer 'n raadslid se ondertekening van die kaart en voorstel vir die projek was ongrondwetlik.

Sy het voorts gesê die bewaringsgebied het geweier om ‘n kaart af te teken waarteen hulle sterk gekant is en waarteen geskrewe besware by verskeie vergaderings met die ministerie van grondhervorming gemaak is. Dié ministerie is aan die stuur van die projek om plaaseenhede in die gebied te vestig.

Konsultante van Namibia Premier Solutions, wat vir die kaart verantwoordelik was, het met Arnold saamgestem dat Zungu en lede van die bewaringsgebied deel van besprekings oor die ministerie se program vir kommunale grondontwikkeling (PCLD) was. Volgens hulle was Zungu inderdaad teenwoordig toe wyle Pienna Dammi as waarnemende voorsitter van die bewaringsgebied die voorstel onderteken het.

Arnold het voorts gesê Zungu en die bewaringsgebied moenie die voorgestelde plaaseenhede namens alle San-gemeenskappe verwerp nie, aangesien hulle nie die wettige verteenwoordigers van die gemeenskap is nie, maar slegs ‘n ontwikkelingsprojek soos die PCLD.

Sy het voorts gesê die !Kung-owerheid is die enigste met jurisdiksie in die gebied, en dat die San-gemeenskap in Tsumkwe-Wes dus wettig deur dié liggaam verteenwoordig word.

“Sarah Zungu en haar hanteerders moet onthou niemand sal die Na‡aJaqna-bewaringsgebied met die !Kung tradisionele owerheid vir welke verskuilde motiewe ook al laat meeding nie,” het Arnold in ‘n verklaring gesê.

Arnold sê voorts die bewaringsgebied is deur ‘n inisiatief van die tradisionele owerheid gestig en in die lig hiervan moet die gebied eerder vir die implementering van ontwikkelingsprojekte met die owerheid saamwerk.

“Die PCLD-program sal die plaaslike tradisionele gemeenskappe direk in die stryd teen armoede en honger ondersteun,” het Arnold gesê.

Volgens die konsultante van Namibia Premier Solutions is die doel van die plaaseenhede om ‘n gemengde boerdery-sone van 2 500 hektaar elk op die 53 000 hektaar van die Aasvoëlnes-gebied te skep. Tans is daar 33 San wat grondregte het. Dié regtehouers is saam met hul onderskeie familielede in totaal 135.

Arnold sê die plan is om nege sonkragaangedrewe boorgate te vestig in die aangewese boerdery-eenhede wat nie omhein is nie en vir die boer met lewende hawe geoormerk is. Benewens die boedery-eenhede word ook ‘n toerisme- en kunsvlytsentrum, kampeerplekke en ‘n gemeenskapstuin beplan.

KOÖPERASIE

Die spanleier vir konsultasie op die projek, mnr. George Eiseb, sê uit die nege eenhede sal slegs een omhein word om as ‘n demonstrasie-eenheid te dien. ‘n Koöperasie met streng regulasies sal voorts gestig word om die weerlose gemeenskap te beskerm.

Die eenhede sal vir die eerste vyf jaar aan “buitestanders” verhuur word om sodoende ‘n inkomste vir die koöperasie te genereer om onder meer lewende hawe aan te koop.

Eiseb het erken die San-gemeenskappe in die gebied is baie agterdogtig teenoor “buitestanders”, veral ná ‘n onbeheerste aanslag van onwettige grondbesettings en die oprigting van onwettige heinings wat ondanks ‘n hoërhofbevel nie lyk of dit vinnig verwyder gaan word nie.

“Elke ontwikkeling gaan buitestanders lok. Dit sal egter verstandig van die bewaringsgebied wees om by die projek te hou en die proses te bestuur. Invloei kan net bestuur en nie gestop word nie,” het Eiseb gesê.

In ‘n nuwe verklaring sê Zungu alle vorige sogenaamde konsultasies was op die ou einde “betekenisloos” en die bewaringsgebied se kommentaar en voorstelle is geïgnoreer. Sy het weer benadruk alle onwettige grondgryp en nedersettings moet eers hanteer word.

Zungu sê die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, het in April tydens ‘n besoek aan die gebied die omvang van onwettige heinings en nedersettings gesien. Hy het volgens haar die San se regmatige gebruik van die grond “beduidend verminder”.

Sy sê voorts die PCLD-voorstel sal die toeganklikheid van die plaaslike gemeenskap tot die bewaringsgebied se grond “verder beperk” wat tans vir trofeejag en die oes van duiwelsklou gebruik word.

Terwyl Eiseb benadruk dat die voorgestelde eenhede nie binne die grense van die Na‡aJaqna-bewaringsgebied val nie, doen Zungu ‘n beroep op Shifeta om die gebied te ondersteun deur die PCLD-program te omskep ten einde meer voordele vir ‘n groter aantal van die wettige, plaaslike en inheemse San-gemeenskap te bied.

Kommentaar

Republikein 2024-05-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal LaLiga: Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 12° | 30° Rundu: 11° | 29° Eenhana: 14° | 31° Oshakati: 14° | 30° Ruacana: 14° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 19° | 34° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SE, Low tide: 03:18, High tide: 09:17, Low Tide: 15:19, High tide: 22:12 Swakopmund: 19° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:15, Low Tide: 15:17, High tide: 22:10 Walvis Bay: 23° | 35° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:14, Low Tide: 15:17, High tide: 22:09 Rehoboth: 13° | 26° Mariental: 16° | 28° Keetmanshoop: 19° | 28° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 36° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 16° | 29° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 15° | 28° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 25° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 17° | 28° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 25° Currency: GBP to NAD 23.14 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.34 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.85 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 46.78 | USD to KES 129.98 | USD to NGN 1519 | USD to ZAR 18.34 | USD to ZMW 25.05 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 370.69/OZ UP +0.63% | Copper US$ 4.86/lb DOWN -0.0045 | Zinc US$ 2 986.50/T DOWN -0.16% | Brent Crude Oil US$ 82.15/BBP DOWN -0.0123 | Platinum US$ 1 050.10/OZ UP +0.61% Sport results: Premier League: Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal LaLiga: Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 12° | 30° Rundu: 11° | 29° Eenhana: 14° | 31° Oshakati: 14° | 30° Ruacana: 14° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 19° | 34° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SE, Low tide: 03:18, High tide: 09:17, Low Tide: 15:19, High tide: 22:12 Swakopmund: 19° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:15, Low Tide: 15:17, High tide: 22:10 Walvis Bay: 23° | 35° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:14, Low Tide: 15:17, High tide: 22:09 Rehoboth: 13° | 26° Mariental: 16° | 28° Keetmanshoop: 19° | 28° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 36° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 16° | 29° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 15° | 28° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 25° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 17° | 28° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.14 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.34 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.85 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 46.78 | USD to KES 129.98 | USD to NGN 1519 | USD to ZAR 18.34 | USD to ZMW 25.05 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 370.69/OZ UP +0.63% | Copper US$ 4.86/lb DOWN -0.0045 | Zinc US$ 2 986.50/T DOWN -0.16% | Brent Crude Oil US$ 82.15/BBP DOWN -0.0123 | Platinum US$ 1 050.10/OZ UP +0.61%