Honiball sekuur in eerste bisley-skietdag
Skietsport
Die 2021 bisleyseisoen van die Namibiese Geweerskietvereniging (NRA) het die afgelope naweek met ’n goeie Trans-Kalahari Wes byeenkoms afgeskop.
Die kompetisie was straf onder die skuts by die Neels Dodds skietbaan buite Windhoek.
Die skietdissiplines het soos altyd die FTR-klas en die F-Ope klas ingesluit. Die program het begin met ’n 300 meter inskiet, waarna die ernstige kompetisie oor 300 meter (twee rondes), 500 meter (een ronde) en 600 meter (twee rondtes) gehou is.
Die uitslae, uit ’n moontlike 225 punte met 45 V-kolle:
FTR-KLAS
1 Wessel Honiball, 218 (19 V-kolle)
2 Pieter Malan, 217 (17 V-kolle)
3 Christie Honey, 214 (12 V-kolle)
4 Wiann Mans, 210 (10 V-kolle)
5 Daan van Rensburg, 206 (12 V-kolle)
6 Willem Horn, 198 (11 V-kolle)
7 Robert Lottering, 193 (10 V-kolle)
8 Urda Bohn, 191 (ses V-kolle)
9 Jan Styger, 182 (ses V-kolle)
10 Willi Lobbe, 173 (twee V-kolle)
F-OPE KLAS
1 Nick von Bergen, 197 (sewe V-kolle)
Die NRA bedank graag sy borg die afgelope naweek, Impact Web Studio, wat medaljes aan die topdrie plekke in elke klas asook vir die meeste V-kolle van die dag verskaf het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie