Honger vir kompetisie bevredig
Swem
Tielman van Lill
Die Namibiese Swemunie (Nasu) is verheug om van vandag tot Sondag sy nasionale Bank Windhoek-langbadkampioenskap onder streng regulasies by die Olympia-swembad in Windhoek te kan aanbied.
Ongeveer 144 swemmers van sewe klubs sal verteenwoordig word. Die Aqua-swemklub, Dolphins, Flippers, Marlins, die Oranjemund Sand Sharks, Phoenix-swemakademie en Swakopmund sal sake in 84 items uitspook.
“Nasu is baie opgewonde dat die 2021 Bank Windhoek-kampioenskap van 11 tot 14 Maart sal plaasvind. Ongelukkig sal toeskouers nie toegelaat word nie, maar ten minste sal ons swemmers weer in die water wees en kan meeding. Die geestelike taaiheid wat ons swemmers die afgelope tyd moes ontwikkel het, is ongelooflik.
“Sterkte vir die kampioenskap en die naweek wat voorlê. Ons is baie trots dat julle ondanks die omstandighede aangehou hard werk het,” sê die beheerliggaam se uitvoerende komiteelid me. Nicky McNamara.
Meer as ’n handvol Namibiese langbadrekords is verlede jaar by Bank Windhoek-galas, die nasionale kampioenskap asook die CANA Sone 4-kampioenskap opgestel.
Die Namibiese ouderdomsrekords in die langbad vir 2020:
8 jaar en jonger: André Badenhorst, 200 meter individuele wisselslag (3 minute 21.33 sekondes) 31 Januarie (gala 3).
9-10 jaar: Nathan Bock, 50 vlinderslag (32.87 s) en 50 rugslag (37.22 s) op 27 Februarie (nasionale kampioenskap).
11-12 jaar: M. Brinkmann, A. Naukosho, M. Ohm, C. Rossouw, 200 wisselslagaflos (2:25.70) 27 Februarie (nasionale kampioenskap).
12 en jonger: Oliver Durand, 200 rugslag (2:32.05) en 200 borsslag (2:48.03) op 20 Februarie (beide by CANA Sone IV).
13-14 jaar: Jose Canjulo, 50 vlinderslag (26.92 s) 27 Februarie (nasionale kampioenskap).
25-44 jaar: Dentie Louw: 50 rugslag (34.63 s), 100 rugslag (1:18.12) beide op 20 Februarie (CANA Zone IV). 200 vryslag (2:30.97) 27 Februarie (nasionale kampioenskap). Jan Louis Mostert: 400 vryslag (5:38.42) 27 Februarie (nasionale kampioenskap). 800 vryslag (12:03.94) 31 Januarie (gala 3). 1 500 vryslag (23:01.63) 27 Februarie (nasionale kampioenskap).
Ope: C. de Jager, R. Wantenaar, J. Canjulo, E. Nogueira, 200 wisselslagaflos (1:53.85) 27 Februarie (nasionale kampioenskap).
45 en ouer: Cheryl Young, 50 vlinderslag (46.15) 21 Januarie (gala 3).
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie