Honger knou Zim-leerlinge
Honger knou Zim-leerlinge

Honger knou Zim-leerlinge

Asof politieke en ekonomiese onstabiliteit van pres. Robert Mugabe se bewind nie genoeg is nie, staar hongersnood nou ook dele van die bevolking in die gesig.
Estelle de Bruyn
Hongersnood bedreig die skoolonderrig van minstens 80 000 leerlinge in Zimbabwe, sê die Wêreldvoedselprogram (WFP).

Die provinsies wat die ergste geraak word, is Matebeleland-Noord, die Middelland en die sentrale deel van Mashonaland, berig NewZimbabwe.com.

Die WVP voed tans minstens 38 500 leerlinge in drie distrikte.

Vroeg vanjaar het die Verenigde Nasies gewaarsku dat ''n toenemende koskrisis Zimbabwe in die gesig staar. US$290 miljoen word dringend benodig om tot 4,5 miljoen mense in nood teen volgende jaar te voed.

Die hongersnood is die gevolg van die droogte wat veevrektes en mislukte oeste in lande in Suider-Afrika veroorsaak het.

Die WFP, in samewerking met die Zimbabwiese regering, het in Julie ''n noodvoedingsprogram by skole in sekere gebiede begin waar kinders weens hongerte nie skool toe gegaan het nie.

Die program het 38 500 leerlinge in drie distrikte in September gevoed.

Die uiteindelike doel is om 77 000 laerskoolkinders in dié distrikte tot April 2017 te help, het Eddie Rowe, die WFP se verteenwoordiger in Zimbabwe Maandag, ''n dag ná Wêreldvoedseldag, gesê.

– News24

Kommentaar

Republikein 2025-06-13

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer