'Honger' Eagles reg vir prooi
'Honger' Eagles reg vir prooi

'Honger' Eagles reg vir prooi

Elke span se krieketunie se ICC-finansiering is een van die aspekte wat die komende dae se wedstryde hoogs kompeterend sal maak.
Tielman van Lill
Tielman van Lill

Die toerspanne Oman en die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) kan ’n felle aanslag van Namibië in die driehoekige 50-boulbeurt Castle Lite internasionale eendagreeks by die Wanderers-veld verwag.

Ná 22 maande op die kantlyn van die Wêreldbeker Liga 2-reeks (2019-2023), grootliks weens Covid-beperkings, kan die Eagles van vandag tot 6 Desember in die hoofstad die kans gebruik om hul 19de posisie op die Internasionale Krieketraad (ICC) se wêreldranglys vir die eendagformaat ’n hupstoot te gee.

Namibië se 19de posisie word deur assosiaatlande soos Nederland (11), Skotland (13), Oman (15), Nepal (16), VAE (17) en die Verenigde State van Amerika (18) oortref. Papoea-Nieu-Guinee (20) is laaste van die lande wat ODI-status geniet.

Nederland het sewe wedstryde vir hul 11de plek gespeel, Skotland 10, Oman 14, Nepal 11, VAE 9, VSA 14, Namibië 6 en PNG 13.

Vir die Windhoek-toernooi verskyn net twee kolwers op ICC-ranglys vir eendagkrieket, naamlik Aqib Ilyas (Oman, 41ste) en Muhammad Usman (VAE, 76ste). Op die lys van voorste boulers in ODI-krieket word Ahmed Raza (VAE, 34ste), Rohan Mustafa (VAE, 49ste) en Zeeshan Maqsood (Oman, 87ste) gereken.

Die Eagles-kolwers soos Stephen Baard, Zane Green, Craig Williams, Michael van Lingen en JJ Smit sal in 50-beurte meer tyd kry om hulle vir groot tellings in te grawe. Dié topvyf het vroeër vanjaar teen gedugte opposisie soos Suid-Afrika-A, Zimbabwe-A en die Titans in Windhoek gewys wat in hulle steek. Die Knights moes in Bloemfontein ook die byt van die Eagles se boul- en kolfvernuf ervaar.

Jan Frylinck sal die Eagles se naataanval met sy medium tot vinnige aflewerings saam met Ruben Trumpelmann, JJ Smit, Ben Shikongo, Michael van Lingen en Karl Birkenstock aanvoer. Bernard Scholtz, Picky Ya France, Nicol Loftie-Eaton en Mauritius Ngupita kan hulle opnuut as die draaiers vir die toekoms vestig.

Mnr. Johan Muller, Krieket Namibië se hoofbeampte, het aan Republikein gesê: “Dié driehoekige Castle Lite-reeks is deel van die ICC se Wêreldbeker Liga 2-reeks (WCL2) wat oor drie jaar strek.

“Elke land se eindposisie bepaal of hy weer vir die WCL2-uitdaging kwalifiseer, of hy na die volgende ronde vorder en hoe sy pad na kwalifisering vir die 2023 ICC Wêreldbeker in eendagkrieket verloop.

“Die toernooi is baie belangrik vir KN, omrede ’n groot deel van ons toekomstige ICC-finansiering hiervan afhang. Dus is dit baie belangrik dat die spelers se ingesteldheid nou van die T20-formaat na die 50-beurt-weergawe verskuif.

“Oman en die VAE is twee baie sterk spanne en word hoog op die ICC se ODI-ranglys gereken. Hoe ons teen hulle gaan vaar, sal ’n uitwerking op die Namibië se huidige ranglysposisie hê.”

Dr. Rudie van Vuuren, KN se president, het aan die koerant gesê: “Ons is baie optimisties oor die Eagles se kanse teen Oman en die VAE. Ons sal wel sonder Gerhard Erasmus (die beseerde kaptein) en David Wiese (professionele T20-verpligtinge) oor die weg moet kom, maar ons is seker die kerngroep spelers wat wel beskikbaar is, sal die wa vir ons deur die drif kan trek.

“T20-krieket is veel korter as ’n 50-boulbeurtwedstryd, maar die basiese beginsels van die spel bly dieselfde. Ons afrigtingspan is baie goed om die spelers vir beide dissiplines af te rig.

“Krieket Namibië sien geweldig baie uit na die reeks. Ons is dankbaar vir die steun van die publiek en media en vra dat mense die Eagles moet gaan ondersteun. Hul teenwoordigheid langs die veld help die spelers baie.”

Die veelsydige 26-jarige JJ Smit is deur KN met die kapteinskap vertrou nadat hy by die T20-Wêreldbeker se onderkaptein was.

“Ek voel geëerd en trots om die Eagles teen Oman en die VAE op die veld te lei. Vandag is dit terug vir ons terug werk teen ’n baie sterk Oman-span. Ons verwag ’n harde wedstryd van hulle, maar ons is reg vir die uitdaging om tot die laaste bal te veg,” het Smit vertel.

Pierre de Bruyn, afrigter, sê die Eagles het vir hulself ’n maatstaf in die VAE by die T20 Wêreldbeker gestel.

“Die verwagting van die publiek is baie hoog ná die Eagles se sukses in die Emirate. Ons het die momentum van die pas afgelope Wêreldbeker aan ons kant, maar ons sal dit slim moet gebruik.

“Ons moet ook verstaan die Wêreldbeker is verby en die spelers moet opnuut hul fokus na die taak op hande verskuif. Ek kan die belangrikheid van hierdie toernooi nie genoeg beklemtoon nie. Dis vyf wedstryde in ’n baie kort tydperk en ons kan nie fokus verloor nie.

“Gerhard Erasmus en David Wiese is nie beskikbaar nie en hul plekke in die span moet volgestaan word. Ons sal hulle beslis mis, maar daar is talentvolle spelers wat hul hand kan opsteek om hul rolle te vervul.

“Die oorskakeling van T20- na eendagwedstryde is nie vir my ’n bekommernis nie. Dit is beslis makliker om die intensiteitsvlakke van T20-krieket na ’n ODI te neem. Om van ODI na T20 oor te skakel, is moeiliker.

“Waarna die spelers wel moet omsien, is hul liggame en geestelik is dit ’n langer tyd wat die span gefokus moet bly, maar die spelers is reeds gerat daarvoor.

“Daar is geen verrassings in die span nie. Die 14 wat gekies is, is daar om die taak te verrig. JJ Smit het die kapteinskap oorgeneem en hy hou daarvan om voor sy eie mense deurslaggewende vertonings te lewer.

“Dis die ideale geleentheid vir JJ en ek weet hy sal as ’n leier uitstaan. Ek sien uit na hoe hy dit gaan doen. Dit geld vir die res van die span ook. Hulle is honger om baie lopies aan te teken en met die bal deurbrake te maak. Daar heers groot opgewondenheid in die Eagles-kamp,” het die hoofafrigter gesê.

Al die wedstryde begin om 09:30 by Wanderers in Pionierspark.

Die wedstrydprogram: Vandag en môre: Namibië tn Oman. 29 Nov: Oman tn VAE. 30 Nov: Namibië tn VAE. 2 Des: Oman tn VAE. 4 Des: Namibië tn Oman. 5 Des: Namibië tn VAE. 6 Des: Oman tn VAE.

Kommentaar

Republikein 2024-05-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.77 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.2 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.85 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.19 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 381.75/OZ DOWN -0.0042 | Copper US$ 4.85/lb DOWN -0.01 | Zinc US$ 2 979.80/T DOWN -0.15% | Brent Crude Oil US$ 83.63/BBP UP +0.43% | Platinum US$ 1 060.50/OZ DOWN -0.0087 Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.77 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.2 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.85 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.19 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 381.75/OZ DOWN -0.0042 | Copper US$ 4.85/lb DOWN -0.01 | Zinc US$ 2 979.80/T DOWN -0.15% | Brent Crude Oil US$ 83.63/BBP UP +0.43% | Platinum US$ 1 060.50/OZ DOWN -0.0087